Open-access Sustainability assessment of thermal and mechanical reclamation of foundry chromite sand

Abstract

Na gebruik word gietery-chromietsand herwin om produksiekoste te verminder en om aan omgewingsregulasies te voldoen. Termiese en meganiese herwinning is die mees prominente metodes van sandherwinning. Die sandherwinningstegnieke wat in die gieterysektor gebruik word, word tipies nie deur die groen alternatiewe of omgewingsvolhoubaarheidskonsep se lense geévalueer nie. Wanneer meganiese en termiese herwinning gekontrasteer word, is bedryfskoste die hooffaktor wat in ag geneem moet word. Daarom vergelyk hierdie studie meganiese en termiese herwinning van chromietsand deur die industriéle prosesse in gesimuleerde laboratoriumtoetse te herhaal. Die metodologie is ontwerp om die produksie van fyn deeltjies tydens herwinning te kwantifiseer, wat 'n verskeidenheid negatiewe effekte op die omgewing, menslike gesondheid, die ekonomie en die samelewing het. Die bevindinge toon dat meganiese herwinning in die algemeen meer fyn deeltjies as termiese herwinning geproduseer het. Die verskil in terme van fyn persentasie tussen die twee prosesse kan soms so hoog as 15% wees. Daarom was meganiese herwinning 'n minder effektiewe prosedure as termiese herwinning wanneer omgewingsvolhoubaarheid oorweeg word, veral die impak op menslike gesondheid, wat in stryd is met die konvensionele wysheid in die gietery sektor.


location_on
The Southern African Institute for Industrial Engineering The Southern African Institute for Industrial Engineering, P.O. Box 96002, Waterkloof, Pretoria, Gauteng, ZA, 0145, Tel: +27 12 420 6478 - E-mail: admin@saiie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top