Abstract
Alhoewel daar erken word dat innovasiestrategie en organisatoriese-leer produkinnovasievertoning beïnvloed, word dit selde gelyktydig in 'n enkele model oorweeg. Die doel van die artikel is dus om die invloedsbereik van innovasiestrategie op organisatoriese-leer en produkinnovasievertoning te ondersoek. 'n Strukturelevergelykingsmodellering analise is op opname data van 'n Etiopiese tekstiel- en leerproduk vervaardigers gedoen. Die resultaat toon dat innovasiestrategie positief verwant is aan produkinnovasiesvertoning. Verder is daar gevind dat maatskappy grootte en eienaarskaptipe die invloed van innovasiestrategie op produkinnovasievertoning matig.


