Abstract
Ekonomiese transformasie en toenemende markmededingendheid het vervaardigers aangespoor om zero-defek-vervaardigingsbeginsels toe te pas met die oog om produksiekoste te verlaag en produkkwaliteit te maksimeer. Die sleutelbemiddelaar van zero-defek-vervaardiging is die gebruik van data-gedrewe tegnieke om die magdom inligting wat deur gedigitaliseerde vervaardigingstelsels beskikbaar gemaak word, vir die voorspelling van foute te benut. Multi-stadium vervaardigingstelsels veroorsaak egter bykomende kompleksiteit as gevolg van kaskade-effekte wat verband hou met stadiuminteraksies. 'n Generiese modulêre raamwerk word voorgestel vir die fasilitering van take wat verband hou met die voorbereiding van data wat uit multi-stadium vervaardigingstelsels voortspruit, die bou van voorspellende modelle en die interpretasie van hierdie modelresultate. In die besonder word metodes vir die voorspelling van kaskadekwaliteit toegepas om die voordeel van 'n stadium-gewyse modelleringsbenadering uit te buit. Die werking van die raamwerk word in 'n praktiese gevallestudie gedemonstreer wat betrekking het op 'n multi-stadium halfgeleier produksie proses.

















