Abstract
Hierdie artikel pas 'n netwerklens op transaksionele data toe om 'n voedselbanknetwerk se voorsieningskettingontwerp en -beplanning te verbeter. Hierdie studie is gebaseer op data van FoodForward South Africa, 'n voedselbank wat 'n ryk datastel van verbindings tussen voorsieningskettingvennote (skenkers), die vloei van voorraad (voedsel volume) en hul begunstigde organisasies saamgestel het. Ons ontleding het 'n toename in die stelsel se 'bewegende dele' (verhoogde hantering van skenkings) getoon, wat gelei het tot 'n meer beduidende wanbalans tussen vraag en aanbod. Boonop het pakhuise in 2022 'n groter aantal kleiner-volume skenkings van 'n groter verskeidenheid verskaffers ontvang, wat 'n ekstra las op die netwerk geplaas het.













