Open-access Two green bottles, standing on a wall: an environmental assessment of two bottle types

Abstract

Nie-hernubare hulpbronne verminder en die huidige globale verhittingspotensiaal styg. In 'n poging om 'n suksesvolle oorgang tot n 'groener' planeet te bewerkstellig, ontwikkel regerings wêreldwyd beleide (soos koolstofbelasting) wat besighede aanmoedig om daartoe by te dra. Hierdie studie analiseer die koolstofvoetspoor van die verpakkingsproses van 300ml glas en 500ml PET houers vir 'n Suid-Afrikaanse koeldrankvervaardiger. 'n Literaturstudie het geen soortgelyke navorsing in Suid-Afrika vorendag gebring nie. Die kweekhuisgas protokol is gebruik as die grondslag vir die navorsingsmetode. Daar is gevind dat die totale energie wat deur die 500ml PET† verpakkingsproses gebruik word van aangekoopte elektrisiteit afkomstig is. Die 500ml PET houers het dus 4.5-maal minder globale verhittingspotensiaal as die 300ml glas houers per hektoliter, waarvan 71 persent van hul uitlaatgasse as gevolg van steenkoolaangedrewe ketels op die perseel is. n Sensitiwiteits-analise toon dat die verpakking in groter houers tot n noemenswaardige vermindering in globale verhittingspotensiaal per volume lei vir beide glas en PET houers.


location_on
The Southern African Institute for Industrial Engineering The Southern African Institute for Industrial Engineering, P.O. Box 96002, Waterkloof, Pretoria, Gauteng, ZA, 0145, Tel: +27 12 420 6478 - E-mail: admin@saiie.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo