Open-access Enhancing distracted driver detection with human body activity recognition using deep learning

Abstract

Diepleer het gewild geword as gevolg van diepleer se hoë akkuraatheid en vermoë om kenmerke outomaties van invoerdata te leer. Verskeie benaderings word in die literatuur voorgestel om bestuurders wat nie konsentreer op die taak, te identifiseer. Die werkverrigting van hierdie algoritmes is egter tipies beperk tot beelddatastelle wat 'n soortgelyke verspreiding as die opleidingdatastel het, wat dit moeilik maak om dit in werklike scenario's toe te pas. Om hierdie probleem aan te spreek, stel hierdie artikel 'n robuuste benadering voor om bestuurders wat afgelei is op te spoor, gebaseer op die herkenning van die unieke liggaamsbewegings wat betrokke is wanneer 'n bestuurder 'n voertuig bestuur. Eksperimentele resultate dui daarop dat hierdie metode beter presteer as huidige diepleeralgoritmes vir die opsporing van afgeleide bestuurders, wat lei tot 'n 6% verbetering in klassifikasie akkuraatheid en 'n tweevoudige verbetering in algehele prestasie (F1-telling).


location_on
The Southern African Institute for Industrial Engineering The Southern African Institute for Industrial Engineering, P.O. Box 96002, Waterkloof, Pretoria, Gauteng, ZA, 0145, Tel: +27 12 420 6478 - E-mail: admin@saiie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba