Diens-georiënteerde argitektuur (Service-Oriented Architecture (SOA)) stel organisasies in staat om die IT-strategie vanuit die besigheid te bestuur, en skep 'n tegnologiestrategie wat belyn is met dié van die besigheid. SOA is 'n argitektoniese styl wat die integrasie van uiteenlopende stelsels moontlik maak, onafhanklik van die implementeringstegnologie of fisiese ligging, deur besigheidsprosesse te enkapsuleer en te integreer as 'n versameling van losweg-gekoppelde dienste. Die doel van hierdie artikel is om SOA te ondersoek as 'n moontlikheid om te voldoen aan die vereistes en knelpunte wat finansiële handelstelsels stel, en om 'n SOA-raamwerk vir die bou van 'n outomatiese handelsapplikasie te bied.