Open-access From energy security to security of energy services: the role of gendered innovations in living labs

Abstract

Energie sekerheid bly 'n bekommernis in Sub-Sahara Afrika. Die konseptualisering van energie sekerheid op stedelike huishoudingsvlak het verskuif van die sekerheid van energievoorsiening na die sekerheid van energiedienste wat meer gefokus is op aanvraag. Vroue en jong meisies word die meeste deur onsekere energiedienste geraak. Maar energiebeleids diskoerse versuim om op die sekuriteit van energiedienste te fokus en om die geslagsrolle in die verskaffing van energiedienste op huishoudelike vlak te erken. Dit is dus noodsaaklik om innoverende en geslag-sensitiewe energiedienste oplossings te ontwikkel met 'n nuwe paradigma om deelnemende oplossings te ontwerp, soos lewende laboratoriums. Lewende laboratoriums en die energie sekerheid landskap in arm stedelike omgewings is beoordeel deur 'n sistematiese literatuuroorsig en 'n raamwerk is voorgestel om te demonstreer hoe lewende laboratoriums as 'n hefboom gebruik kan word om die sekuriteit van energiedienste te bevorder. Die sekuriteit van energiedienste in arm stedelike huishoudings kan verbeter word deur die verskillende innoverende sterkpunte van die onderskeie geslagte te benut. Lewende laboratoriums bied 'n ideale ruimte vir mede-opwekking, mede-ontwerp en mede-leer om pasgemaakte energiedienste-oplossings te skep. Daar is 'n behoefte vir 'n gesamentlike poging om navorsers te verskaf om praktiese ondersoeke van interaktiewe multi-belanghebbende platforms te onderneem met diegene wat bedoel is om van die beleid te baat om die impak daarvan te vergroot en om die wetenskap-beleid skeiding te oorbrug.


location_on
The Southern African Institute for Industrial Engineering The Southern African Institute for Industrial Engineering, P.O. Box 96002, Waterkloof, Pretoria, Gauteng, ZA, 0145, Tel: +27 12 420 6478 - E-mail: admin@saiie.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo