Abstract
Grootskaalse kombinatoriese probleme is dikwels rekenaarmatig onhanteerbaar, en alternatiewe oplossings-benaderings word gereeld gebruik om doeltreffende benaderde oplossings vir hierdie probleme te vind. Hierdie studie stel 'n ses-stap metodologie voor wat aangepas is vanuit 'n bestaande raamwerk in die literatuur. Die metode is gebaseer op 'n partisieskema wat daarop gemik is om byna-optimale oplossings vir kombinatoriese probleme te genereer. Die voorgestelde benadering fokus spesifiek op die klassieke reisende handelsreisiger probleem en die metodologie se prestasie word gedemonstreer op 'n werklike 2508-node geval. Die resultate bevestig dat die voorgestelde partisieskema bevredigende oplossingsgehalte lewer en praktiese implementeringsvoordele bied.








