Abstract
In hierdie artikel stel ons 'n nuwe simulasie-optimerings-modelleringsbenadering ter ondersteuning van die ingewikkelde gesamentlike aanvullingsbesluite voor wat voorraadbestuurders in die gesig staar. Die modelleringsbenadering is in staat om multi-produk voorraadaanvullingsbestellings te konsolideer, en word deur minimum herbestelintervalle en minimum bestelhoeveelhede gerig, onderhewig aan houervullings- en/of minimum bestelwaardebeperkings, en is daarop gemik om veiligheidsvoorraadvlakke heuristies te optimeer met die doel om die verhoogde voorraadkoste wat verband hou met spesifieke verskaffersbeperkings te verminder. Ons demonstreer in 'n werklike gevallestudie dat die benadering daartoe in staat is om tot aansienlike kostebesparings gedurende gesamentlike voorraad-aanvullingsbesluite te lei.








