Open-access Analysing organisational robustness in the application of project portfolio management

Abstract

Projekportefeuljebestuur (PPM) het 'n gewilde praktyk onder organisasies geword om effektief 'n versameling projekte en/of programme te inisieer ten einde hul strategiese doelstellings te belyn en te bereik. PPM word steeds as 'n nuwe konsep beskou en is in die vroeè stadium van implementering. Selfs die organisasies wat die beste presteer, beoefen steeds nie die beste praktyke in PPM nie. Hierdie navorsing ondersoek die literatuur rakende die robuustheid van portefeuljebestuurskontroles. 'n Semi-gestruktureerde vraelys en onderhoud tegniek was gebruik om insae te kry tot die beste praktyje in die industrie. Die navorsingsbevolking het bestaan uit PPM-professionele persone in verskillende industrieè. Die navorsing beoordeel die impak van hoèr vlakke van voldoening aan 'n model en/of raamwerk in meer volwasse omgewings en om die invloed van eksterne elemente soos uitvoerende veto op PPM-praktyke te voorkom of te verminder.


location_on
The Southern African Institute for Industrial Engineering The Southern African Institute for Industrial Engineering, P.O. Box 96002, Waterkloof, Pretoria, Gauteng, ZA, 0145, Tel: +27 12 420 6478 - E-mail: admin@saiie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba