Abstract
Ten spyte van vele slaggate, moet die innovasieproses so aantreklik en prakties moontlik gemaak word. Die vorming van 'n innovasiemodel is 'n belangrike dog komplekse proses. Hierdie artikel hersien die hipoteties verbeterde viervoudigeheliks-innovasiemodel met betrekking tot modelkonsepte, innovasiekonsepte en huidige praktiese gevallestudies. Die bygewerkte model bestaan uit vier innovasiekragte (-konstrukte), naamlik (1) opskaling van behendigheid, (2) drievoudige heliks-ekostelsels, (3) drievoudige bestuursteorie en drievoudige tegnologieteorie, en (4) epogale samelewing. Die model toon ook 'n omvattende wisselwerking tussen hierdie konstrukte binne die moderne, digitale, biologiese, wetlike en fisieke wêrelde. Die outeurs het die model deur 'n konseptuele verkennende navorsingsontwerp met narratiewe data hersien. Die evaluering het die oorweging geïmpliseer om modelkonstrukte te kombineer, by te voeg of weg te laat. Benewens leerderbestuur en die behoefte om 'n gids te voorsien oor hoe om die model te gebruik, het die bevindinge uiteindelik die waarde en bruikbaarheid daarvan bevestig.


