Abstract
Hierdie navorsing ondersoek die verband tussen volhoubaarheidsprestasie en kapitaalstruktuur in nywerheids- en hulpbronmaatskappye wat op die Johannesburgse en Londense Effektebeurse genoteer is. Die studie gebruik omgewings, maatskaplike en korporatiewe bestuursfaktore om hul invloed op kapitaalstruktuurbesluite te evalueer met behulp van masjienleer tegnieke, insluitend die Shapley additiewe verduidelikingsanalise. Die bevindings toon dat tradisionele finansiële maatstawwe, soos bedryfswinsmarge en totale bates, meer beduidende voorspellers van kapitaalstruktuur is as volhoubaarheidsfaktore. Hoewel omgewings, maatskaplike en korporatiewe bestuur faktore 'n rol speel, is hul impak op kapitaalstruktuur beperk. Die studie beklemtoon die belangrikheid van die integrasie van volhoubare praktyke met finansiële prestasie.






















