Open-access Estimating the reliability of condition-based maintenance data using contextual machine-specific characteristics

Abstract

In die mynbedryf word komplekse masjienstelsels in ongewenste omstandighede 24 ure per dag bedryf. Dit veroorsaak die agteruitgang van hul toestand en kan lei tot stelsels wat vroegtydig onklaar raak en daaropvolgende produksie verliese. Toestandsgebasseerde onderhoud (TGO) is 'n strategie wat onderhoudskedules beplan afhangende van die toestand van die masjien en beoog om besluitnemingsprosesse te verbeter. Data opgeneem van masjiene vir TGO doeleindes moet betroubaar wees om die negatiewe gevolge op onderhoudskedules te vermy. Data betroubaarheid kan geskat word deur verskeie databronne te vergelyk, maar menigte bronne is nie altyd beskikbaar nie en kan duur wees om te bekom. Hierdie studie poog om die geïsoleerde en kontekstuele betroubaarheid van enkelbron TGO data te skat deur gebruik te maak van verskeie data analise tegnieke. n Sagteware program word ontwerp om data te ontleed op n masjien vlak en die betroubaarheid daarvan te bepaal. n Gevallestudie wys die verskil in betroubaarheidsuitspraak akkurraatheid tussen geïsoleerde en kontekstuele metodes en lig die behoefte uit om die metodes te kombineer.


location_on
The Southern African Institute for Industrial Engineering The Southern African Institute for Industrial Engineering, P.O. Box 96002, Waterkloof, Pretoria, Gauteng, ZA, 0145, Tel: +27 12 420 6478 - E-mail: admin@saiie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top