Open-access Future mines' compressed air planning using digital twin simulations

Abstract

Die meeste diepvlakgoudmyne gebruik saamgeperste lugdienste wat produksie direk beïnvloed. Die beplanning van saamgeperste lug word egter dikwels oor die hoof gesien, wat lei tot onvoorsiene probleme en produksieverliese. Daar bestaan daarom 'n behoefte aan 'n proaktiewe saamgeperste lugbeplanningstrategie om hierdie probleme te belig en op te los voordat dit voorkom om so te verseker dat saamgeperste lug verskaffing aan die vereistes vir beplande mynbou voldoen. Hierdie studie het 'n proaktiewe beplanningsmetodologie ontwikkel deur digitale tweeling-simulasies te gebruik om toekomstige probleme in myne se saamgeperste lugstelsels te identifiseer en op te los. Die metodologie is toegepas op 'n gevallestudiemyn, wat 'n probleem suksesvol opgelos het waarin die saamgeperste lugstelsel nie in toekomstige drukvereistes sou kon voldoen nie. Die geïmplementeerde oplossing het gelei tot 'n drukverhoging van 32%, wat die potensiaal van digitale tweeling-simulasies in die proaktiewe beplanning en optimalisering van myne se saamgeperste lugstelsels demonstreer.


location_on
The Southern African Institute for Industrial Engineering The Southern African Institute for Industrial Engineering, P.O. Box 96002, Waterkloof, Pretoria, Gauteng, ZA, 0145, Tel: +27 12 420 6478 - E-mail: admin@saiie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba