Open-access An Investigation into Providing Additional Parking to Solve Stellenbosch's Parking and Congestion Dilemma

Abstract

Stellenbosch, 'n klein universiteitsdorp in Suid-Afrika, ervaar ernstige tekort aan parkeerplekke en verkeersopeenhopings. In reaksie op die toenemende parkeerbehoefte, het die plaaslike munisipaliteit die ontwikkeling van 'n nuwe meerverdieping-parkeerfasiliteit langs die Eikestad-winkelsentrum, geleë in die sentrale sakekern van Stellenbosch, voorgestel. Om hierdie voorgestelde oplossing lewensvatbaar te maak, moet dit egter aan die behoeftes van alle geraakte belanghebbendes voldoen. Om belanghebbende-insette makliker in die beplanningsproses te integreer, is 'n produkontwikkelings-evalueringshulpmiddel, die sogenaamde "house of quality", gebruik. Hierdie hulpmiddel stel in staat om die sleutelbelanghebbendes se vereistes, relevante ontwerpeienskappe en potensiële terreinliggings vir die voorgestelde meerverdieping-parkeerfasiliteit te identifiseer. Die resultate van die house of quality het sy doeltreffendheid getoon om waardevolle insigte vir ingeligte besluitneming te genereer. Nietemin, om te verseker dat die voorgestelde parkeerfasiliteit die behoeftes van die betrokke belanghebbendes akkuraat weerspieël, is verdere studies nodig.


location_on
The Southern African Institute for Industrial Engineering The Southern African Institute for Industrial Engineering, P.O. Box 96002, Waterkloof, Pretoria, Gauteng, ZA, 0145, Tel: +27 12 420 6478 - E-mail: admin@saiie.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo