Abstract
Die implementering van herkonfigureerbare hegstukke is 'n belangrike fasiliteerder van massaproduksie aanpassing. Tradisionele skeduleringstegnieke oorweeg nie herkonfigureerbare hegstukke omvattend nie. Hierdie artikel beskryf 'n multi-fase optimiseringsmetode wat hersirkulering van herkonfigureerbare hegstukke in 'n massa aanpassing produksie stelsel bestuur. Die metode is gegrond op 'n op-bestelling vervaardigingsel wat gedien het as 'n komponentprosesseringsel . Die metode bestaan uit drie fases: die gebruik maak van gevestigde tegnieke soos k-gemiddeld groepering en hiërargiese groepering; en 'n nuwe gemengde heelgetal lineêre programmering model om operasionele volgordes te optimiseer. Minimering van die totale niksdoentyd (en dus totale maaktyd) is gebruik as die maatstaf van vertoning.










