Abstract
Innovasies in die digitale ruimte raak wêreldwyd toenemend belangrik vir ekonomiese groei. Hierdie studie ondersoek die uitdagings, suksesfaktore en ontluikende strategieë wat verband hou met digitale innovasiebestuur in ontwikkelende ekonomieë, met 'n fokus op Suid-Afrika se finansiëledienstesektor. Dit bevat 'n relevante literatuurstudie, evalueer bestaande modelle vir innovasiebestuur, en stel 'n konseptuele raamwerk, 'digitale innovasiebestuur in ontwikkelende ekonomieë' (DIB-OE of 'DIM-DE' in Engels) voor wat elemente soos dinamiese vermoë-ontwikkeling en eksterne samewerking bevat. Die navorsing sluit kwalitatiewe onderhoude met vyf leiers in die finansiële sektor in, en analiseer probleme soos talenttekorte en onbetroubare infrastruktuur, tesame met suksesfaktore soos strategiese belyning en kliëntefokus. Die bevindinge valideer die DIM-DE-raamwerk, en stel strategieë soos vaardigheidsontwikkeling en operasionele verbeteringe voor. Implikasies vir belanghebbendes en aanbevelings vir toekomstige navorsing word bespreek.




