Table of contents
Literator (Potchefstroom. Online), Volume: 38, Issue: 1, Published: 2017Literator (Potchefstroom. Online), Volume: 38, Issue: 1, Published: 2017
| Documents |
|---|
| Die aandete: 'n Resensie Vercuil, Nelba |
| Reisverslag in twee stemme en agt gedigte van der Walt, Carina Crebolder, Emma |
|
Original Research Strategies for building wordnets for under-resourced languages: The case of African languages Bosch, Sonja E. Griesel, Marissa Abstract in English: The African Wordnet Project (AWN) aims at building wordnets for five African languages: Setswana, isiXhosa, isiZulu, Sesotho sa Leboa (also referred to as Sepedi or Northern Sotho) and Tshivenda. Currently, the so-called expand model, based on the structure of the English Princeton WordNet (PWN), is used to continually develop the African Wordnets manually. This is a labour-intensive work that needs to be performed by linguistic experts, guided by several considerations such as the level of lexicalisation of a term in the African language. Up to now, linguists were responsible for identifying and translating appropriate synsets without much help from electronic resources because in the case of African languages even basic resources such as computer readable and electronic bilingual wordlists are usually not freely available. Methods to speed up the manual development of synsets and ease the workload of the human language experts were recently investigated. These centred around utilising the minimal amount of information available in bilingual dictionaries to identify synsets in the PWN that should be included in the AWN, transferring information from dictionaries to the wordnet and presenting the potential synsets to linguists for final approval and inclusion in the wordnets. In this article, we describe the methodology developed for building the African Wordnets, a potentially significant resource for natural language processing applications. Available resources that could be taken advantage of and resources that had to be developed are investigated, and initial results and future plans are explained.Abstract in af: Die African Wordnet Projek (AWN) het ten doel om woordnette vir vyf Afrikatale te ontwikkel. Die tale sluit Setswana, isiXhosa, isiZulu, Sesotho sa Leboa (ook Sepedi of Noord-Sotho genoem) en Tshivenda in. Die sogenaamde uitbreidingsmodel, wat op die struktuur van die Engelse Princeton WordNet (PWN) gebaseer is, word tans gebruik om die AWN deurlopend handmatig uit te brei. Hierdie metode is baie arbeidsintensief en moet deur linguiste uitgevoer word. Die linguiste word deur verskeie kriteria, soos die vlak van leksikalisering van 'n woord en die geskiktheid van die sinstel vir die taal, gelei. Linguiste moes tot nou toe hierdie besluite sonder veel ondersteuning in die vorm van elektroniese hulpmiddels maak, aangesien daar vir baie Afrikatale nog nie eers basiese hulpbronne soos vrylik beskikbare, rekenaarleesbare en elektroniese tweetalige woordelyste bestaan nie. Metodes om die handmatige ontwikkeling van sinstelle te bespoedig en die werkslading op die taalspesialiste te verlig, het onlangs baie aandag geniet. Die eksperimente het daaroor gegaan dat die minimale hoeveelheid bronne wat wel beskikbaar is, ingespan word om sinstelle in die PWN te identifiseer wat na die AWN oorgedra behoort te word. Inligting uit die tweetalige woordelyste word op sinvolle wyse onttrek en aan die linguiste voorgehou om die finale seleksie te maak. In hierdie artikel word die metodologie wat gebruik is om die AWN te ontwikkel, voorgelê. Beskikbare hulpbronne wat in die verskillende eksperimente gebruik of ontwikkel is, word beskryf, voorlopige resultate word gegee en toekomstige planne word beskryf. |
|
Original Research I am/am I an African? A relational reading of Diaspora and Identity in South African Fiction by J.U. Jacobs Flockemann, Miki Abstract in English: The publication of Diaspora and Identity in South African Fiction (2016) by J.U. Jacobs is a timely intervention, in that it is the first comprehensive study of South African fiction to sustain the argument that South African writing is always already diasporic. Although Jacobs' diasporic framework undoubtedly serves as an important addition to the recent trends identified by literary scholars, his focus on 12 well-established writers (including Coetzee, Wicomb, Mda, Gordimer and Ndebele), highlights some of the gaps that need to be filled in a study of this kind. For instance, what about the younger generation of writers, including those from elsewhere in Africa who are writing about living in South Africa? How do they deal with what has been termed the new diaspora, with debates around Afropolitanism and the experiences of internal, inter-continental and trans-continental migrancy in an increasingly globalising world? Despite these shortcomings, Jacobs' premise about the inevitably diasporic identifications that are narrativised in the 20 novels analysed here can provide a useful foundation for further scholarship on how the diasporic condition informs and is mediated in other texts. These, as I will show, range from works by a new generation of emerging writers on the one hand to the performing arts on the other hand.Abstract in af: Die verskyning van J.U. Jacobs se Diaspora and Identity in South African Fiction (2016) is besonder tydig aangesien dit die eerste samevattende studie van Suid-Afrikaanse fiksie is wat die standpunt handhaaf dat die Suid-Afrikaanse letterkunde uiteraard reeds diaspories is. Alhoewel Jacobs se diasporiese raamwerk sonder twyfel huidige tendense soos vasgestel deur letterkundiges op 'n noemenswaardige manier aanvul, bring sy fokus op twaalf goed gevestigde skrywers (onder andere Coetzee, Wicomb, Mda, Gordimer en Ndebele) sekere leemtes na vore wat deur 'n studie van dié aard gevul behoort te word. Byvoorbeeld, wat van skrywers van die jonger geslag, met inbegrip van diegene van ander Afrikalande wat skryf oor lewenservaringe in Suid-Afrika. Hoe hanteer hulle die kwessie van die nuwe diaspora, met debatte oor Afropolitanisme en ervaringe met interne, interkontinentale en tussenkontinentale migrasie in 'n wêreld met toenemende globalisering? Nieteenstaande hierdie tekortkominge kan Jacobs se standpunt ten opsigte van die onvermydelike diasporiese assosiasies, wat na vore kom in die twintig verhale wat hier ontleed word, 'n nuttige grondslag verskaf vir verdere studie oor hoe die diasporiese tendens op ander tekste inwerk en daardeur oorgedra word. Ek sal aandui hoe hierdie tekste wissel van werke deur 'n nuwe geslag opkomende skrywers, enersyds, tot die uitvoerende kunste, andersyds. |
|
Original Research 'Speaking' and 'silence' in the memoirs of Petronella van Heerden Smit, Lizelle Abstract in English: Petronella van Heerden's memoirs have received little academic attention. This article aims to contribute to the limited archive of research on her work to highlight women's involvement in South African and Afrikaner (de/colonial) politics. It will also explore her manipulation of the autobiographical genre to impart what she considered as important to the Afrikaner youth. My investigation considers Van Heerden's paradoxical shifts between 'speaking' and 'silence' regarding feminist issues and her lesbian sexual identity. The article illustrates Van Heerden's employment of certain writing strategies to critique gender inequality implicit within hegemonic and patriarchal discourses - a central issue of her young life that arguably formed her dissident identity. An examination of the 'opacity' pertaining to her portrayal of a lesbian identity in the memoirs is also considered.Abstract in af: Gegewe die beperkte akademiese navorsing aangaande die memoirs van Petronella van Heerden, poog hierdie artikel om 'n bydrae te lewer tot die gesprek rondom haar werke. Dit belig ook verder vroue se betrokkenheid by die (de/koloniale) politiek van Suid-Afrika en Afrikaners. Van Heerden se manipulasie van die outobiografiese genre om sodoende gekose inligting betreffende geslagongelykhede oor te dra aan die Afrikaansprekende jeug, word ondersoek. Verder oorweeg ek Van Heerden se teenstrydige wisseling tussen 'uitgesprokenheid' en 'stilswye' met betrekking tot die onderwerp van feminisme en lesbiese seksuele identiteit. Hierdie artikel illustreer Van Heerden se aanwending van sekere skrywerstegnieke om sodoende genderongelykhede, implisiet in hegemoniese en patriargale diskoerse, te kritiseer - 'n sentrale aspek van haar jong lewe wat moontlik aanleiding gegee het tot die vorming van 'n andersdenkende identiteit. Van Heerden se 'vaagheid' met betrekking tot die uitbeelding van haar lesbiese identiteit in die memoirs, word asook bespreek. |
| [D]ie keursnit van Schalkwyk, Phil |
|
Original Research Maxwell Anderson se liedliriek 'Lost in the Stars' en sy Ulysseaanse verwerking van Alan Paton se Cry, the Beloved Country Viviers, Etienne Abstract in English: This article inspects selected thematic and adaptive links between Alan Paton's classic South African novel, Cry, the Beloved Country, and its stage adaptation for Broadway by Maxwell Anderson and Kurt Weill, the musical tragedy Lost in the Stars. Particular focus is given to the latter work's title song 'Lost in the Stars', in order to examine a Ulyssean-inspired message contained in its lyrics, which concerns God's purported abandoning of humankind. To understand this message more fully, an earlier and unrealised collaboration of Anderson's and Weill's called Ulysses Africanus is investigated, dormant material of which resurfaced in their eventual adaptation of Paton's novel. After a discussion of certain intricacies of adapting Cry, the Beloved Country into Lost in the Stars, it is demonstrated that Anderson's religious worldview was incompatible with that which permeates Cry, the Beloved Country, with the result that Paton was greatly unhappy with Lost in the Stars.Abstract in af: Hierdie artikel ondersoek geselekteerde tematiese en adaptiewe verbintenisse tussen Alan Paton se klassieke Suid-Afrikaanse roman, Cry, the Beloved Country, en die verhoogverwerking daarvan vir Broadway deur Maxwell Anderson en Kurt Weill, die musikale tragedie Lost in the Stars. Besondere fokus word verleen aan laasgenoemde werk se titellied 'Lost in the Stars', om 'n Ulysseaans-geïnspireerde boodskap in die lirieke daarvan bevat, te ondersoek, betreffend God se vermeende agterlating van die mensdom. Om hierdie boodskap beter te verstaan, word gekyk na 'n vroeër en ongerealiseerde medewerking van Anderson en Weill, genaamd Ulysses Africanus, waarvan dormante materiaal in hulle uiteindelike verwerking van Paton se roman weer na vore gekom het. Ná 'n bespreking van bepaalde verwikkeldhede betrokke by die verwerking van Cry, the Beloved Country na Lost in the Stars, word daar gedemonstreer dat Anderson se religieuse wêreldblik teenstrydig is met dit wat Cry, the Beloved Country onderlê, met die gevolg dat Paton baie ontevrede met Lost in the Stars was. |
|
Original Research Cathy se rou in Emily Brontë se Wuthering Heights Myburgh, J. Albert Abstract in English: In Emily Brontë's Wuthering Heights, illness and death cause characters to foresee, fear and react to other characters' deaths. In this article, I explore the significance of Cathy's anticipatory mourning of, and response to, the eventual actual deaths of her ailing father, Edgar, and her sickly cousin, Linton. Core 19th-century perspectives and fears relating to illness and death are both evident and contested in the representation of Cathy's anxiety and suffering. I also investigate how Cathy's grief is exacerbated by and affects the behaviour of other characters, notably Nelly, Linton, Heathcliff, Zillah and Hareton. The depiction of these characters' responses to Cathy's misery enriches their portrayal, implying that Cathy's fear and grief are integral to both the novel's plot and its character development.Abstract in af: In Emily Brontë se Wuthering Heights noop siekte en sterftes karakters daartoe om ander karakters se dood vooruit te sien, te vrees en daarop te reageer. In hierdie artikel ondersoek ek die betekenis van Cathy se antisiperende rou op grond van die moontlikheid van en reaksie op die uiteindelike werklike dood van haar ongestelde vader, Edgar, en haar sieklike neef, Linton. Prominente 19de-eeuse perspektiewe op en vrese rondom siekte en die dood word beskryf en bevraagteken in die uitbeelding van Cathy se angs en smart. Ek stel ook ondersoek in na die wyse waarop Cathy se hartseer vererger word deur die gedrag van ander karakters, in die besonder Nelly, Linton, Heathcliff, Zillah en Hareton, en hoe haar smart hulle beïnvloed. Die uitbeelding van hoe hierdie karakters op Cathy se lyding reageer, verryk hul karakterisering, wat impliseer dat Cathy se vrees en smart integraal is tot die roman se intrige en karakteruitbeelding. |
|
Original Research Gothic landscape, memory and food: A reading of Valerio Varesi's The Dark Valley Kreuiter, Allyson Abstract in English: What is known as Mediterranean Noir has crimes that occur in a landscape set under the azure skies and seashores of cities such as Marseille, Barcelona or even Venice. In contrast, Italian writer, Valerio Varesi, relocates his crime novels to the more rural landscapes of villages in Tuscany and Emilia-Romagna. In these places, it is the landscape of mist, rivers and mountains that creates the noir Gothic narrative and atmosphere surrounding the crimes committed. My article will examine how, in Varesi's The Dark Valley, a subtle fusing of the devices of landscape, food and a Gothic disruption of the return of the past into the present are central to the story world of the novel. This dislocation between past and present, I contend, will lead to Varesi's detective, Commissario Soneri, questioning his own identity.Abstract in af: Die Mediterreense Noir is bekend vir misdade wat plaasvind in 'n landskap met asuurblou hemel en seekuste van stede soos Marseille, Barcelona of selfs Venesië. In teenstelling hiermee, plaas die Italiaanse skrywer Valerio Varesi sy misdaadromans in die meer landelike landskappe van dorpe in Toskane en Emilia-Romagna. In hierdie plekke is dit die landskap van mis, riviere en berge wat die Noir Gotiese vertelling en atmosfeer skep waardeur die misdade wat gepleeg word, omring is. My artikel sal ondersoek hoe, in Varesi se The Dark Valley [Die Donker Vallei], 'n subtiele saamsmelting van die tegnieke van landskap, kos en 'n Gotiese ontwrigting van die terugkeer van die verlede na die hede sentraal tot die storiewêreld van die roman is. Hierdie ontwrigting tussen die verlede en die hede, sal, volgens my, daartoe lei dat Varesi se speurder, kommissaris Soneri, sy eie identiteit bevraagteken. |
|
Original Research Ecofeminist invitations in the works of Sindiwe Magona Shober, Dianne Abstract in English: The global challenges of environmental devastation and gender-based injustice require a multifocal approach in appropriating effective solutions. While acknowledging the effectual endeavours initiated through the social and natural sciences to counteract these areas of degradation, this paper offers another field of potential mediation: ecofeminist literary criticism. Through its interrogation of selected works by the black South African writer, Sindiwe Magona, it seeks to reveal the value of literature as a tool to counteract destructive political and patriarchal rhetorical paradigms, which have served to oppress nature and women and, through ecofeminist discourse, mitigate lasting global change.Abstract in af: Die globale uitdagings van omgewingsverwoesting en geslagsgebaseerde onreg vereis 'n multifokale benadering ten einde doeltreffende oplossings te vind. Terwyl erkenning gegee word aan die effektiewe pogings geïnisieer deur die sosiale en natuurwetenskappe om hierdie gebiede van agteruitgang te bekamp, bied die artikel verdere potensiële bemiddeling deur middel van die ekofeministiese literêre kritiek. Deur geselekteerde werke van die swart Suid-Afrikaanse skrywer Sindiwe Magona te ondersoek, beoog die artikel om die waarde van literatuur as 'n instrument teen die retoriese en vernietigende politieke en patriargale paradigmas wat die natuur en vroue onderdruk het, te openbaar. Dit beoog verder om deur middel van die ekofeministiese diskoers blywende globale verandering daar te stel. |
| Lees met 'n vrye verbeelding Louw, Salomi |
|
Book Reviews A father's legacy ignites a daughter's fire Shober, Dianne |
|
Original Research Imagining the future nation: A critical appreciation of Emmanuel Ngara's vision in Songs from the Temple Musvoto, Rangarirai A. Abstract in English: This article analyses Emmanuel Ngara's collection of poetry Songs from the Temple. It argues that through some of the poems in this collection, Ngara forges an anti-colonial nationalist discourse that problematises hegemonic colonial narratives, which claimed that the black subaltern did not have history, culture and civilisation prior to the colonial interloper's presence. Ngara's main strategy in unseating these accounts is to lay claim to a flourishing precolonial culture of the Shona people on one hand, foregrounding their history and cultural symbols, and on the other through the use of artistic elements from the oral traditions of their society. This article contends that the incorporation of orature into Ngara's written narratives of resistance disrupts and subverts hegemonic definitions of written poetry in as much as it anchors his nationalist vision in cultural spaces that the black subaltern has the potential to identify with.Abstract in af: Hierdie artikel analiseer Emmanuel Ngara se digbundel Songs from the Temple. Die argument word gevoer dat Ngara 'n anti-koloniale, nasionalistiese diskoers in sy gedigte bevorder. Dit problematiseer die hegemoniese, koloniale narratiewe wat te kenne gee dat die swart ondergeskikte nie oor 'n geskiedenis, kultuur of beskawing voor die aankoms van die koloniale indringer beskik het nie. Ngara se hoofstrategie om hierdie aannames te bevraagteken, is om die florerende pre-koloniale kulture van die Shona mense voor te hou. Aan die een kant word hul geskiedenis en kulturele simbole beklemtoon en aan die ander kant die kunselemente van hul mondelinge kultuur. Hierdie artikel redeneer dat die inkorporering van oratuur in Ngara se geskrewe narratiewe van verset, die hegemoniese definisies van geskrewe digkuns ontwrig en ondermyn, alhoewel dit sy nasionalistiese visie in kulturele ruimtes anker, waarmee die swart ondergeskikte moontlik kan identifiseer. |
| Huldeblyk aan 'n blymoedige gewer Human, Thys |
|
Original Research Diversity, variation and fairness: Equivalence in national level language assessments Weideman, Albert Du Plessis, Colleen Steyn, Sanet Abstract in English: The post-1994 South African constitution proudly affirms the language diversity of the country, as do subsequent laws, while ministerial policies, both at further and higher education level, similarly promote the use of all 11 official languages in education. However, such recognition of diversity presents several challenges to accommodate potential variation. In language education at secondary school, which is nationally assessed, the variety being promoted immediately raises issues of fairness and equivalence. The final high-stakes examination of learners' ability in home language at the exit level of their pre-tertiary education is currently contentious in South Africa. It is known, for example, that in certain indigenous languages, the exit level assessments barely discriminate among learners with different abilities, while in other languages they do. For that reason, the Council for Quality Assurance in General and Further Education, Umalusi, has commissioned several reports to attempt to understand the nature of the problem. This article will deal with a discussion of a fourth attempt by Umalusi to solve the problem. That attempt, undertaken by a consortium of four universities, has already delivered six interim reports to this statutory body, and the article will consider some of their content and methodology. In their reconceptualisation of the problem, the applied linguists involved first sought to identify the theoretical roots of the current curriculum in order to articulate more sharply the construct being assessed. That provides the basis for a theoretical justification of the several solutions being proposed, as well as for the preliminary designs of modifications to current, and the introduction of new assessments. The impact of equivalence of measurement as a design requirement will be specifically discussed, with reference to the empirical analyses of results of a number of pilots of equivalent tests in different languages.Abstract in af: Suid-Afrika se post-1994 grondwet herbeklemtoon met trots die taalverskeidenheid van die land; so ook daaropvolgende wette. Ministeriële beleidsverklarings op beide verdere en hoëronderwysvlak bevorder insgelyks die gebruik van al 11 amptelike tale in die onderwys. Tog bied die erkenning van diversiteit verskeie uitdagings wat betref die akkommodering van potensiële variasie. In die geval van taalonderrig op sekondêre skoolvlak, wat nasionaal geassesseer word, lei die klem op verskeidenheid onmiddellik tot vrae oor regverdigheid en ekwivalensie. Die finale hoë impak-eksamen in Suid-Afrika van leerders se bemeestering van tuistale, wat geskied aan die einde van hul pre-tersiêre onderrig, is tans kontroversieel. Dit is byvoorbeeld bekend dat in die geval van sekere inheemse tale die uittreevlak-eksamens dit skaars regkry om te diskrimineer tussen leerlinge met verskillend vermoëns, terwyl in ander gevalle dit wel geskied. Om hierdie rede het die Raad vir Gehalteversekering in Algemene en Verdere Onderwys, Umalusi, reeds verskeie verslae aangevra ten einde die aard van die probleem beter te kan begryp. Hierdie stuk bespreek 'n vierde poging van Umalusi om die probleem te ondervang. As deel van daardie poging, wat onderneem is deur 'n konsortium van vier universiteite, is reeds ses tussentydse verslae aan hierdie statutêre liggaam voorgelê, en hierdie bydrae oorweeg die inhoud en metodologie daarvan. Deur die probleem te herkonseptualiseer, het die betrokke toegepaste taalkundiges eerstens gepoog om die teoretiese wortels van die huidige kurrikulum te identifiseer ten einde die konstruk wat geassesseer moet word, skerper te kan artikuleer. Daardie konstruk bied die basis vir die teoretiese begronding van die onderskeie oplossings wat voorgestel word, asook vir die voorlopige ontwerpe van modifikasies aan die huidige, en die invoer van nuwe assesserings. Die impak van ekwivalente meting as 'n ontwerpvoorwaarde sal spesifiek bespreek word met verwysing na die empiriese analises van resultate wat verkry is uit die voortoetse van ekwivalente toetse in verskillende tale. |
| Portrette in my gang: Resensie Burger, Bibi |
|
Meditations in a churchyard: An exploration of Afrikaans graveyard poets and graveyard poetry
Taljaard-Gilson, Gerda H.
Abstract in English: The term 'kerkhofgedig' ('churchyard poem') does not feature in academic discussions on Afrikaans poetry, neither does it appear in Cloete's authoritative work of reference, Literêre terme en teorieë (1992). There are mainly three reasons for this omission in Afrikaans literature. In the first place the Afrikaans word 'elegie' (elegy) has become a superordinate for most poems dealing with grief or melancholy about a certain event or condition, for example, a lamentation, obituary poem, dirge, requiem, et cetera. Secondly, graveyard poetry is associated with (English) poems and poets from the 18th century, not with more contemporary Afrikaans poets. In the third place, the elegy and the churchyard poem are related poetic forms which share many characteristics, making it difficult to distinguish between the two genres. In Afrikaans literature the churchyard poem is therefore not regarded as an independent poetic form with unique features, as is the case with churchyard poetry in English, French, German and Dutch. Nevertheless, a number of Afrikaans poets have written churchyard poetry over the decades. In this article it will be determined whether Afrikaans graveyard poetry does in fact exist. This will be accomplished by providing a historical background to graveyard poetry and by comparing traditional graveyard poems to modern poems. Then churchyard poetry will be compared to the elegy. In conclusion a clear definition for graveyard poetry will be formulated. The following questions will consequently be answered: What is graveyard poetry and does it exist in Afrikaans?Abstract in af: Die term 'kerkhofgedig' word selde in akademiese gesprekke oor die Afrikaanse poësie gehoor en dit kom nie voor in T.T. Cloete se Literêre terme en teorieë (1992) nie. Daar is drie redes vir hierdie leemte in die Afrikaanse literatuur: In die eerste plek het 'elegie' 'n sambreelterm geword vir die meeste gedigte waarin die digter sy smart of weemoed uitspreek oor 'n bepaalde gebeurtenis of toestand; dit wil sê, die klaaglied, grafrede, treursang, treurlied, in memoriam-gedig, dodeklag, lyksang, ensovoort. In die tweede plek word kerkhofpoësie geassosieer met (Engelse) agtiende-eeuse digters, nie met moderner Afrikaanse digters nie. Derdens is die 'gewone' elegie en die kerkhofgedig verwante digvorme wat heelparty kenmerke deel sodat dié twee genres soms moeilik onderskeibaar is. Die kerkhofgedig word met ander woorde nie soos in Engels, Frans, Duits en Nederlands as 'n onafhanklike digsoort met unieke eienskappe gesien nie. Nietemin is daar 'n paar Afrikaanse digters wat dié digvorm deur die dekades heen beoefen het. In hierdie artikel sal daar bepaal word of Afrikaanse kerkhofpoësie wel bestaan. Dit sal gedoen word deur middel van 'n historiese verkenning van kerkhofpoësie. Daarna sal tradisionele kerkhofgedigte met moderner gedigte vergelyk word. Dan sal die kerkhofgedig met die 'gewone' elegie vergelyk word. Ten slotte sal 'n duidelike definisie vir 'kerkhofpoësie' geformuleer word. Die volgende vrae word dus in hierdie artikel beantwoord: Wat is kerkhofpoësie en bestaan daar so 'n digvorm in Afrikaans? |
| Suidwesstories uit toeka se tyd van der Merwe, Belia A.J. |
|
Original Research (In)dependent meaning: Representations of addiction and recovery in selected poems produced in a rehabilitation centre Pretorius, Antoinette Carolin, Andy Fourie, Reinhardt Krüger, Lida Abstract in English: In this article we provide a close reading of selected poems written during creative writing workshops at a drug rehabilitation centre. We argue that these poems expose some of the uncertainties and complexities that characterise the representation of identity in experiences of addiction and recovery. We show that the speakers in these poems attempt to imagine and represent their experiences in language through a number of structuring binaries. These binaries include those between the speaker's experiences of active addiction and recovery, and the speaker's personal experience versus societal expectations and perceptions. Our reading of these poems is informed by the clinical context in which they were written, and our analysis reflects the bifurcation that governs this liminal space. Individual agency in these different spheres is approached in a very tentative way, and the speakers in these poems are shown to have trouble envisioning the future at the same time as their pasts appear unsettled. We argue finally that while current discourses and vocabularies surrounding addiction seem incomplete and inadequate for the expression of some complex experiences, poetry provides a platform that accommodates ambivalence and a multiplicity of meanings.Abstract in af: Hierdie artikel ondersoek 'n aantal geselekteerde gedigte wat geskryf is tydens kreatiewe skryfwerkswinkels aangebied by 'n dwelmrehabilitasiekliniek. Ons voer aan dat hierdie gedigte sommige onsekerhede en kompleksiteite blootlê wat die representasie van identiteit in ervarings van verslawing en herstel kenmerk. Ons toon aan dat die sprekers in hierdie gedigte probeer het om hulle ervarings deur 'n aantal binêre teenstellings in taal te versinnebeeld. Dít sluit in die teenstelling tussen die spreker se ervaring van aktiewe verslawing en herstel, en die spreker se persoonlike ervaring teenoor maatskaplike verwagtinge en persepsies. Ons interpretasies van hierdie gedigte word gerig deur die kliniese konteks waarbinne hulle geskep is, terwyl ons ontleding die splitsing weerspieël wat hierdie liminale ruimte oorheers. Individuele agentskap binne hierdie verskillende gebiede word op tentatiewe wyse benader, en daar word aangedui hoe die sprekers in hierdie gedigte met moeite 'n toekoms insien terwyl hul verledes terselfdertyd rusteloos voorkom. Uiteindelik argumenteer ons dat terwyl teenswoordige diskoerse en uitdrukkingsmoontlikhede betreffende verslawing onvolledig en onvoldoende blyk te wees vir die uiting van veelvuldige ervarings, bied juis die poësie 'n platform wat teenstrydighede en menigvuldige betekenisse kan akkommodeer. |
|
Original Research Michiel Heyns's Lost Ground: The white man's sense of identity and place in a decolonised Africa and a democratic South Africa Lenz, Renate Abstract in English: In Lost Ground, Michiel Heyns portrays the former white settlers' position and experience in South Africa, Africa and Europe after the overturn of South Africa's apartheid regime. An analysis of the novel illustrates that the legacy of the colonisation of Africa and apartheid in South Africa still shapes the settler descendants' perception of self and the other and the formers' place in South Africa and Africa. After the electoral victory of the African National Congress, contemporary white South African men, as exemplified by the English-speaking male protagonist who features in the novel, tend to dissociate themselves from the country and the African continent as home. Although the original colonisers' experience of alienation and ambivalence about apartheid has been widely depicted, the significance of this experience in relation to white South African male identity has not been fully explored in a study of Heyns's Lost Ground, principally as regards the novel's detective narrative framework and the counter-discursive technique of intertextual referencing that implies other interpretative possibilities. Lost Ground will be critically analysed in terms of the central character's experience of space and place, and the influence of these paradigms on Peter Jacobs as he makes strides towards abandoning historical/racial restrictions and locating his identity in people.Abstract in af: In Lost Ground (2011) beeld Michiel Heyns die posisie en ervaring van die voormalige blanke setlaars in Suid-Afrika, Afrika en Europa uit na die omverwerping van Suid-Afrika se apartheidsregering. 'n Ontleding van die roman illustreer dat die nalatenskap van die kolonisasie van Afrika en apartheid in Suid-Afrika steeds die setlaarafstammelinge se begrip van self en die ander asook hul plek in Suid-Afrika en Afrika beïnvloed. Na die verkiesingsoorwinning van die African National Congress neig hedendaagse blanke Suid-Afrikaanse mans, soos vergestalt deur die Engelssprekende manlike hoofkarakter wat in die roman figureer, om hulself te dissosieer van die land en die Afrika-kontinent as tuiste. Alhoewel die oorspronklike koloniseerders se ervaring van vervreemding en ambivalensie oor apartheid wyd uitgebeeld word, is die betekenis van hierdie ervaring met verwysing na wit Suid-Afrikaanse manlike identiteit nog nie ten volle nagevors in 'n studie van Heyns se Lost Ground nie, hoofsaaklik met betrekking tot die roman se speurvertellingsraamwerk en die teen-diskursiewe tegniek van intertekstuele verwysings wat ander interpretatiewe moontlikhede impliseer. Lost Ground word krities ontleed ooreenkomstig die hoofkarakter se ervaring van ruimte en plek, en die invloed van hierdie paradigmas op Peter Jacobs terwyl hy poog om historiese/rassebeperkings te oorkom en sy identiteit te vind in mense. |
|
Original Research Testing the impact of known variables on the attitudes held by Setswana L1-speaking university students towards their L1 Ditsele, Thabo Abstract in English: Previous language attitudes studies among public university students in South Africa have shown that these five variables - gender, age group, year of study, level of study and field of study - influence students' attitudes towards languages. Thus, the aim of this survey was to establish if testing these variables on Setswana L1-speaking university students (n = 247) will confirm previous studies, seeing that this is the first study to gather data exclusively among Setswana L1-speaking university students at five universities (both public and private) in Tshwane and Johannesburg up to doctoral level. Never before had data been gathered among students at private universities in South Africa, and this gap had weakened generalisations that previous surveys could make about all university students. Mixed methods were used to gather data, which were analysed using means, chi-square test and percentages. The five variables were tested for statistical significance in influencing language attitudes. All but one variable (gender) had statistically significant relationships (p ≤ 0.05) with at least one of the closed-ended questions. Generally, respondents valued their L1 and deemed it relevant in their lives and society they live in.Abstract in af: Vorige taalhoudingstudies onder openbare universiteitstudente in Suid-Afrika, het getoon dat hierdie vyf veranderlikes: geslag; ouderdomsgroep; studiejaar; vlak van studie; en studieveld, studente se houdings teenoor tale beïnvloed. Dus was die doel van hierdie opname om te bepaal of die toetsing van hierdie veranderlikes op Setswana T1-sprekende universiteitstudente (n = 247), vorige studies sal bevestig, aangesien dit die eerste studie is wat uitsluitlik data insamel onder Setswana T1-sprekende universiteitstudente by vyf universiteite (beide openbare en privaat) in Tshwane en Johannesburg, tot doktorale vlak. Nog nooit vantevore is data ingesamel onder studente by private universiteite in Suid-Afrika nie. Hierdie gaping het veralgemenings in vorige opnames ten opsigte van alle universiteitstudente verswak. Gemengde metodes is gebruik om data, wat geanaliseer is met behulp van gemiddeldes, chi-kwadraattoets en persentasies, in te samel. Die vyf veranderlikes is getoets vir statistiese betekenisvolheid in die beïnvloeding van taalhoudings. Alles behalwe een veranderlike (geslag) het statisties-beduidende verhoudinge (p ≤ 0.05) gehad met ten minste een van die geslote-einde vrae. Oor die algemeen, het die respondente hulle T1 waardeer en dit relevant geag in hul lewens en die samelewing waarin hulle woon. |
| Jy het 'n mooi vrou Schaffer, Alfred |
|
Original Research Reading Zimbabwe's structural and political violence through the trope of the unnameable and unnamed in Brian Chikwava's Harare North Siziba, Gugulethu Abstract in English: This article reads Zimbabwe's structural and physical violence which extends to the country's diaspora through Brian Chikwava's novel Harare North (2009). The central argument the article makes is that the unnamed narrator is symbolic of the complex texture of Zimbabwe's crisis whose most evident characteristics are predatory politics and state-sanctioned violence. The unnamed narrator stands as a core part of the shadowy figures of violence that are unleashed on those who are perceived as anti-state. On the contrary, he also represents the subjectification and precariousness that epitomises being Zimbabwean at this moment in the country's history. The namelessness also evidences the slipperiness of the crisis and how it resists being made sense of and given form in simplistic ways. Notwithstanding the deformity assailing Zimbabweans as a mark of their country's failure, the unnamed character also demonstrates the desire to survive under harsh, confused and confusing circumstances.Abstract in af: Die artikel lees Brian Chikwava se benutting van 'n naamlose protagonist-verteller in sy roman Harare North as 'n allegorie vir die duister figure van buite-regtelike geweld, ontkenning van en stilswye oor geweld, sowel as verskeie verdoeselings wat post-koloniale Zimbabwe onder ZANU-PF heerskappy kenmerk. Die naamlose en onnoembare kom op verskillende vlakke voor en tipeer beide die staat en sy burgers wat beide tuis en oorsee in ongemaklike verhoudings verstrengel is. Die artikel maak gebruik van sosiologiese en literêre insigte oor name en benaming om sin te maak van die belang van die verteller en sy posisie in die ervaring van Zimbabwiërs. |
|
Original Research Unhomeliness, unending phobias and liminality in Senait Mehari's Heart of Fire Tembo, Nick M. Abstract in English: In Senait Mehari's Heart of Fire, the legacy of childhood maltreatment is reproduced in the relationship between the father, Ghebrehiwet, and the daughter, Senait. A former victim of atrocity, Ghebrehiwet is a broken man with an identity that makes him transfer his traumatised childhood and his dissatisfaction with Eritrea's political system to his family members. Because of these psychosocial issues, he gives his three daughters away to the Eritrean Liberation Front (ELF) to train and fight as child soldiers. Drawing on trauma studies, postcolonial theories as well as current research on child soldier narratives, this article examines Mehari's depiction of her experiences with her father and, later, with fellow soldiers during the Second Eritrean Civil War. Specifically, it examines the concepts of unhomeliness and liminality, with reference to Mehari's depiction of her anxiety in the tension-filled space of her parental home and the contingent 'homes' of the various ELF camps where she stayed as a child soldier. To that end, the article considers Mehari's unending phobias as a recurring motif in Heart of Fire.Abstract in af: In Senait Mehari se Heart of Fire word die nalatenskap van mishandeling in die kinderjare gereproduseer in die verhouding tussen die vader, Ghebrehiwet, en die dogter, Senait. Ghebrehiwet, 'n voormalige slagoffer van wreedhede, is 'n gebroke man met 'n identiteit wat tot gevolg het dat hy sy eie getraumatiseerde kinderjare en sy ontevredenheid met Eritrea se politieke sisteem op sy familielede projekteer. As gevolg van sy psigososiale kwessies, gee hy drie van sy dogters weg aan die Eritrean Liberation Front (ELF) om opgelei te word en te veg as kindersoldate. Gebaseer op traumastudies, postkoloniale teorieë asook huidige navorsing oor kindersoldaat-verhale, kyk die artikel na Mehari se uitbeelding van haar ervaringe met haar vader en later met haar mede-soldate gedurende die Tweede Eritrese Burgeroorlog. Meer spesifiek ondersoek dit die konsepte van ontheemdheid en liminaliteit, met verwysing na Mehari se uitbeelding van haar angs in die gespanne omgewing van haar ouerhuis en die opeenvolgende 'huise' van die verskeie ELF kampe waar sy as 'n kindersoldaat vertoef het. Met hierdie doel voor oë beskou die artikel Mehari se oneindige fobies as 'n herhalende motief in Heart of Fire. |
| Ons vier 'n negentigste verjaarsdag Steyn, Jaap |
|
Original Research James Henry Greathead and the London Underground Wright, Laurence Abstract in English: This article investigates the origins and early history of the device known as the 'Greathead Shield', an important innovation in Victorian engineering crucial to constructing the London Underground. The aim is to explore the basis on which, many years later, a South African engineer, James Henry Greathead, was accorded prominent public acknowledgment, in the form of a statue, for 'inventing' the Shield. From a cultural studies perspective, how is the meaning of 'invention' to be understood, given that several other brilliant engineers were involved? The question is adjudicated using the notion of cultural 'extelligence', seen in relation to several contemporary and historical accounts, including Greathead's own record of his achievements in the proceedings of the Institution of Civil Engineers and presented in The City and South London Railway (1896), edited by James Forrest. The paper was first delivered at the conference on 'Novelty and Innovation in the Nineteenth Century' held at the North-West University in May 2016.Abstract in af: Die artikel ondersoek die oorsprong en vroeë geskiedenis van die toestel genaamd die 'Greathead Skild', 'n belangrike nuwigheid in Viktoriaanse ingenieurwetenskap, wat van deurslaggewende belang was in die konstruksie van die Londense Moltrein. Die doel is om die basis te ontleed waarop, baie jare later, 'n Suid-Afrikaanse ingenieur wye openbare erkenning in die vorm van 'n standbeeld vir die 'ontwerp' van die Skild geniet het. Uit die perspektief van kulturele studies beskou, hoe moet ons uitvinding verstaan, gegewe dat ander briljante ingenieurs ook betrokke was? Hierdie vraag word ontleed met die gebruik van die konsep 'extelligence' (Stewart and Cohen 1997), in samehang met ander kontemporêre en geskiedkundige weergawes, insluitend Greathead se eie rekord van sy prestasies in die verrigtinge van die Instituut van Siviele Ingenieurs en voorgelê in The City and South London Railway (1896), onder redaksie van James Forrest. Hierdie artikel is die eerste keer as referaat aangebied by die konferensie oor 'Nuuthede en Innovasie in die Negentiende Eeu' aan die Noordwes-Universiteit, Mei 2016. |
|
Original Research 'I was a Girl of my Time': A feminist literary analysis of representations of time and gender in selected contemporary South African fiction by women Murray, Jessica Abstract in English: This article offers a feminist literary analysis of selected contemporary South African texts by women writers in order to explore how they represent female characters' engagement with conventional understandings of time and its chronological and linear progression. These engagements are represented as being particularly fraught for women characters as they find themselves constrained by various temporally located constructions of femininity even as they attempt to heed the temporally dislocated voices of gendered trauma that consistently speak through their bodies. In this article, my focus will be on Bridget Pitt's novel, Notes from the Lost Property Department (2015), Elleke Boehmer's The Shouting in the Dark (2015) and Mohale Mashigo's The Yearning (2016). Despite frequent references to the importance of temporality in making sense of the experiences of the female protagonists, there has been a dearth of scholarly attention to the complexities of the intersections between gender, time and trauma in contemporary South African fiction by women. While gender violence and trauma are topics that have received extensive critical scrutiny in South African literary studies, this article demonstrates that the inclusion of temporality in the analytical framework enables a richer and more nuanced reading of the experiences of the female characters in the selected texts.Abstract in af: Hierdie artikel bied 'n feministiese literêre analise van gekose eietydse Suid-Afrikaanse tekste deur vroueskrywers om te ondersoek hoe hulle vroulike karakters se omgang met konvensionele insigte oor tyd en die kronologiese, liniêre progressie daarvan uitbeeld. Hierdie omgang word uitgebeeld as besonder belaai vir vroulike karakters omdat hulle beperk word deur verskeie tydsgebonde konstruksies van vroulikheid selfs terwyl hulle poog om aandag te skenk aan die tydsontwrigte stemme van gendertrauma wat herhaaldelik deur hul liggame praat. In hierdie artikel is my fokus op Bridget Pitt se roman, Notes from the Lost Property Department (2015), Elleke Boehmer se The Shouting in the Dark (2015) en Mohale Mashigo se The Yearning (2016). Ten spyte van gereelde verwysings na die belangrikheid van temporaliteit in pogings om die ervarings van vroulike protagoniste te verstaan, is daar 'n tekort aan akademiese aandag aan die kompleksiteite van die snypunte tussen gender, tyd en trauma in eietydse Suid-Afrikaanse fiksie deur vroue. Alhoewel gendergeweld en trauma onderwerpe reeds wye kritiese aandag ontvang het in Suid-Afrikaanse literêre studies, wys hierdie artikel dat die insluiting van temporaliteit in die analitiese raamwerk 'n ryker, meer genuanseerde lesing van die ervarings van vroulike karakters in die gekose tekste moontlik maak. |
|
Tribute Do not let him die: Celebrating the legacy of Es'kia Mphahlele Ndlela, Phil |
| Corrigendum: Reisverslag in twee stemme en agt gedigte der Walt, Carina Crebolder, Emma |
|
Litera The Karoo: The Burlington House Maritz, Patricia G. |
Read our Open Access Statement
