Tabla de contenido
Literator (Potchefstroom. Online), Volumen: 37, Numero: 2, Publicado: 2016Literator (Potchefstroom. Online), Volumen: 37, Numero: 2, Publicado: 2016
| Documents |
|---|
|
Original Research: Themes in Southern African Linguistics Blended learning in a first-year language class: Evaluating the acceptance of an interactive learning environment Olivier, Jako Resumen en Inglés: Increasingly blended learning, as a combination of face-to-face and online instruction is applied in university classrooms. In this study the use of an interactive learning environment (ILE), within a Sakai-based learning management system, as well as face-to-face teaching and learning in a first-year Afrikaans language class is explored. The Technology Acceptance Model (TAM) was employed by means of a survey and the Structure Equation Model was used to explore factors relevant to this first-year class. In addition, qualitative research was conducted through an open questionnaire in order to determine the perceptions regarding the blended learning context and the ILE. It was found that students are generally able to function within the ILE and they are quite positive towards the use of the learning environment for learning and teaching. However, it is clear that some students still prefer printed study material. Despite the fact that students indicated that they use the ILE daily, actual usage statistics did not always correspond. Finally, this paper makes suggestions with regard to adapting teaching in terms of students' behaviour based on their computer anxiety and Internet self-efficacy as well as the perceived usefulness and ease of use of the ILE.Resumen en af: Vervlegte leer, as kombinasie van gesig-tot-gesig en aanlyn onderrig, word toenemend in universiteitsklaskamers toegepas. In hierdie studie is die gebruik van 'n interaktiewe leeromgewing (IL), binne 'n Sakai-gebaseerde leerbestuurstelsel, sowel as gesig-tot-gesig-onderrig en -leer in 'n Afrikaanse taalklas op eerstejaarsvlak ondersoek. Die tegnologie-aanvaardingsmodel (TAM) is deur middel van 'n vraelys gebruik en 'n struktuurvergelykingsmodel is ingespan om faktore wat relevant is tot hierdie eerstejaarsklas te ondersoek. Verder is kwalitatiewe navorsing gedoen deur middel van 'n oopvraelys ten einde die persepsies rondom die konteks waarin die vervlegte leer plaasgevind het asook die IL te bepaal. Daar is gevind dat die studente in die algemeen in staat is om binne die IL te funksioneer en dat hulle positief is teenoor die gebruik van die IL ten opsigte van onderrig en leer. Dit is egter ook duidelik dat studente eerder gedrukte studiemateriaal verkies. Ten spyte van die feit dat studente aandui dat hulle die IL daagliks gebruik, het werklike gebruikstatistiek nie hiermee ooreengestem nie. Ten slotte word daar in hierdie artikel voorstelle gemaak ten opsigte van die aanpassing van onderrig ten opsigte van studente se gedrag op grond van hul rekenaarangs, internetselfdoeltreffendheid asook die waargenome bruikbaarheid en gebruiksgemak van die IL. |
|
Original Research: Themes in Southern African Linguistics Designing a digital pedagogical pattern for improving foreign language learners' oral proficiency Grobler, Carina Smits, Tom F.H. Resumen en Inglés: South African undergraduate foreign language students need more opportunity to practise their oral language skills. Not only do appeals to focus more on oral productive skills feature in scholarly literature (Delena-le Roux 2010), it is also one of the main conclusions from a survey among beginner students of French at the Potchefstroom Campus of North-West University (South Africa). It was therefore necessary to design a teaching and learning intervention, specifically aimed at improving beginner students' oral communication skills in French. Laurillard's (2012) Conversational Framework inspired the design of a digital pedagogical pattern (DPP), consisting of context and pedagogy descriptors for the development of foreign language learners' oral communication skills. The Conversational Framework analyses formal learning and challenges the use of new technologies in learning. The implementation process of a DPP for the development of students' (French) oral skills involved three cycles, each with specific outcomes and three groups of participants: the control group and two experimental groups. Field-testing the proposed DPP provided important insights which should be integrated in the design of subsequent digital pedagogical patterns in the specific context: limiting the participant groups to two; decreasing the number of interventions to be implemented in the limited teaching time of a semester; ensuring that each step adheres to the requirements of the Conversational Framework. Student results from the learning interventions in future studies should reveal which intervention better promotes oral communication skills.Resumen en af: Suid-Afrikaanse voorgraadse vreemdetaalstudente het meer geleenthede nodig om hulle mondelinge kommunikasievaardighede te oefen. Nie net lewer die akademiese literatuur 'n pleidooi vir meer klem op mondelinge vaardighede nie (Delena-le Roux 2010), dit is ook een van die sentrale gevolgtrekkings uit 'n opname onder beginnerstudente wat Frans neem by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (Suid-Afrika). Dit was dus noodsaaklik om 'n onderrig- en leerervaring te ontwerp wat daarop gemik is om beginnerstudente se mondelinge kommunikasievaardighede in Frans te verbeter. Laurillard (2012) se Gespreksraamwerk was die inspirasie vir die ontwerp van 'n digitale pedagogiese patroon (DPP) wat bestaan uit konteks en pedagogiese beskrywers ten einde vreemdetaalleerders se mondelinge vaardighede te ontwikkel. Die Gespreksraamwerk analiseer formele leer en die struikelblokke met die gebruik van nuwe tegnologieë in leer. Die implementeringsproses van 'n DPP vir die ontwikkeling van die mondelinge vaardighede van studente (in Frans) het drie siklusse, elk met sy eie uitkomste, en drie groepe deelnemers - die kontrolegroep en twee eksperimentele groepe - behels. Die toetsing van die voorgestelde DPP het belangrike insigte gebied wat geïntegreer behoort te word in die ontwerp van toekomstige digitale pedagogiese patrone vir die spesifieke konteks: deelnemersgroepe behoort tot twee beperk te word; leerervarings wat uitgevoer word tydens die beperkte onderrigtyd van 'n semester behoort verminder te word; daar moet verseker word dat elke stap van die leerervaring voldoen aan die vereistes van die Gespreksraamwerk. Studente-uitslae van die leerervarings in toekomstige studies behoort te onthul watter siklus die beste bydra tot die verbetering van mondelinge kommunikasievaardighede. |
|
Original Research: Themes in Southern African Linguistics Black Afrikaans: An alternative use Maritz, Anna P. Resumen en Inglés: This article provides a first look at the nature of the alternative functions of Black Afrikaans. These functions realise when Black Afrikaans is imitated by Afrikaans mother-tongue speakers. The functions of the alternative use of Black Afrikaans centre on: the social nature of the variety, sensitivity as a deciding role-player, identity, humour, inclusivity and exclusivity, language repertoire and similar variety. Furthermore, because of the direct relationship between Black Afrikaans, Pidginised Afrikaans and the imitation of Black Afrikaans, these varieties are compared to establish a starting point description for the imitation of Black Afrikaans, as the variety has not yet been described.Resumen en af: Die artikel bied 'n eerste oorsig van die aard van die alternatiewe funksies van Swartafrikaans. Hierdie funksies realiseer wanneer Swartafrikaans deur Afrikaansmoedertaalsprekers nagemaak of nagepraat word. Die funksies van die alternatiewe gebruik van Swartafrikaans sentreer rondom: die sosiale aard van die variasie, sensitiwiteit as 'n bepalende rolspeler, identiteit, humor, inklusiwiteit en eksklusiwiteit, taalrepertoire en ooreenkomstige variasies. Weens die direkte verhouding tussen Swartafrikaans, Gepidginiseerde Afrikaans en die napraat van Swartafrikaans, word dié variëteite ook vergelyk om sodoende 'n aanvangsbeskrywing vir die napraat van Swartafrikaans daar te stel aangesien dié variëteit nog nie beskryf is nie. |
|
Die gebruik van opmerkings as 'n strategie tydens die verantwoordbare redigering van akademiese tekste
Lourens, Amanda
Resumen en Inglés: Existing guidelines regarding the editing of academic texts (compare those of the SU Language Service; internationally, also those of the Institute of Professional Editors [IPEd]; the Editors' Association of Canada [EAC]; and the Council of Australian Societies of Editors [CASE]) emphasise that editors should not alter the content and structure of this type of text. However, in practice, it is not always clear how editors should deal with problems in the content and structure of such texts. The goal of this study is to provide guidelines for editors of academic texts who adhere to a process approach. The editing of eight academic articles is investigated, with specific reference to the use of comments as a strategy to empower the author to effect changes regarding content and structure. Comments by the editors of these articles are described, interpreted and evaluated in order to formulate guidelines for an accountable editing strategy.Resumen en af: Bestaande riglyne oor die redigering van akademiese tekste (bv. dié van die US Taaldiens; internasionaal ook dié van die Institute of Professional Editors [IPEd]; die Editors' Association of Canada [EAC]; en die Council of Australian Societies of Editors [CASE]) beklemtoon dat redigeerders nie aan die inhoud en struktuur van hierdie soort tekste behoort te verander nie. Dit is egter in die praktyk nie altyd duidelik presies hoe redigeerders probleme ten opsigte van inhoud en struktuur moet hanteer nie. Hierdie studie het ten doel om riglyne te verskaf vir redigeerders van akademiese tekste wat 'n prosesbenadering volg. Die redigering van agt akademiese artikels word ondersoek, met spesifieke verwysing na die hantering van opmerkings (comments) as 'n strategie om die outeur te bemagtig om self inhoudelike en strukturele veranderinge aan te bring. Opmerkings deur die redigeerders van hierdie artikels word beskryf, geïnterpreteer en geëvalueer, met die oogmerk om uiteindelik riglyne te gee vir 'n verantwoordbare redigeerstrategie. |
|
Original Research: Themes in Southern African Linguistics Using ParaConc to extract bilingual terminology from parallel corpora: A case of English and Ndebele Ndhlovu, Ketiwe Resumen en Inglés: The development of African languages into languages of science and technology is dependent on action being taken to promote the use of these languages in specialised fields such as technology, commerce, administration, media, law, science and education among others. One possible way of developing African languages is the compilation of specialised dictionaries (Chabata 2013). This article explores how parallel corpora can be interrogated using a bilingual concordancer (ParaConc) to extract bilingual terminology that can be used to create specialised bilingual dictionaries. An English-Ndebele Parallel Corpus was used as a resource and through ParaConc, an alphabetic list was compiled from which headwords and possible translations were sought. These translations provided possible terms for entry in a bilingual dictionary. The frequency feature and 'hot words' tool in ParaConc were used to determine the suitability of terms for inclusion in the dictionary and for identifying possible synonyms, respectively. Since parallel corpora are aligned and data are presented in context (Key Word in Context), it was possible to draw examples showing how headwords are used. Using this approach produced results quickly and accurately, whilst minimising the process of translating terms manually. It was noted that the quality of the dictionary is dependent on the quality of the corpus, hence the need for creating a representative and clean corpus needs to be emphasised. Although technology has multiple benefits in dictionary making, the research underscores the importance of collaboration between lexicographers, translators, subject experts and target communities so that representative dictionaries are created.Resumen en af: Die ontwikkeling van die Afrikatale as wetenskap- en tegnologietale hang af van wat gedoen word om die gebruik van hierdie tale in gespesialiseerde domeine soos die tegnologie, handel, administrasie, die media, regte, wetenskap en onderwys te bevorder. Een moontlike manier waarop die Afrikatale ontwikkel kan word, is deur vakwoordeboeke saam te stel (Chabata 2013). Hierdie artikel verken die manier waarop parallelle korpora met 'n tweetalige konkordanser (ParaConc) deursoek kan word vir tweetalige terme wat dan gebruik kan word om tweetalige vakwoordeboeke saam te stel. 'n Engels-Ndebele Parallelle Korpus het as bron gedien en ParaConc is gebruik om 'n alfabetiese lys saam te stel waarvoor vertalings verskaf is. Hierdie vertalings het moontlike terme verskaf wat in 'n tweetalige woordeboek opgeneem kan word. Die frekwensielys in ParaConc is tesame met sy 'hot words'-instrument aangewend om gepaste terme te bepaal wat in die woordeboek opgeneem kan word en om ook moontlike sinonieme te identifiseer. Aangesien parallelle korpora belyn word, en alle data in konteks (Key Word in Context) verskyn, was dit moontlik om voorbeelde uit te lig om aan te toon hoe trefwoorde gebruik kan word. Met hierdie benadering was dit moontlik om resultate baie vinnig en akkuraat te bekom terwyl die vertaling van terme met die hand bykans uitgeskakel word. Daar word aangetoon dat die gehalte van die woordeboek duidelik afhang van die gehalte van die korpus en derhalwe word die behoefte aan 'n verteenwoordigende en skoon korpus beklemtoon. Alhoewel woordeboekmaak op veelvoudige maniere baat vind by moderne tegnologie, beklemtoon die navorsing ook die belangrikheid van samewerking tussen leksikograwe, vertalers, vakkenners en teikengebruikers sodat verteenwoordigende woordeboeke geskep kan word. |
|
Original Research: Themes in Southern African Linguistics Inference generation and text comprehension in bilingual children: A case study Hara, Agness Tappe, Heike Resumen en Inglés: The current study explores inference-making processes in 10-12-year-old bilingual Malawian children who either listened to stories in their primary language, or L1 (Chichewa), as compared to their secondary language (L2) (English), or viewed cartoon films containing no verbal content. The 127 children who participated in the study were divided into six groups characterised by different conditions of stimulus presentation - stimuli varied with respect to their modality (non-verbal film versus pre-recorded stories) or the language of stimulus presentation (English or Chichewa). The results indicate that the pre-recorded audio recordings seem to have supported inference-making more than the corresponding wordless films. This finding illustrates the significance of linguistically presented content. The linguistically presented content elicited even more inferences when it was presented in the children's L1 (Chichewa) rather than in their medium of academic instruction (English). However, the results also indicate that the children from the private school (with English as a medium of instruction) drew more inferences than the children from the public school (where Chichewa is the medium of instruction). Furthermore, the results reveal that while the children were able to use knowledge transfer from a variety of knowledge bases to draw inferences, the inferencing process was impeded when the story content deviated too much from their own experiences. Lastly we found indications of variations in inferencing patterns that seemed to correlate to the language in which the stimulus material was presented and responded to.Resumen en af: Hierdie studie ondersoek die prosesse waarmee 10-12 jarige tweetalig Malawiese kinders afleidings maak, nadat hulle na stories geluister het in hulle eerste taal (L1) (Chichewa) in vergelyking met stories in hulle sekondêre taal (L2) (Engels) of in strokiesfilms sonder enige verbale inhoud. Die 127 kinders wat aan die studie deelgeneem het, is in ses groepe verdeel volgens die verskillende metodes waarop die stimuli aangebied is. Stimuli het gevarieer ten opsigte van hulle modaliteit (nie-verbale film versus voorafopnames van stories) of die taal waarin die stimulus aangebied is (Engels of Chichewa). Die bevindings dui aan dat die vooraf-gemaakte klankopnames die maak van afleidings ondersteun as die woordelose films. Dit illustreer die belangrikheid van inhoud wat linguisties aangebied word. Die inhoud wat linguisties aangebied is, het selfs meer afleidings ontlok wanneer dit in die kinders se L1 (Chichewa) eerder as in hulle medium van akademiese instruksie (Engels) aangebied is. Die resultate dui egter ook aan dat die kinders van 'n privaatskool (waar Engels die medium van onderrig is) meer afleidings gemaak het as die kinders van 'n staatskool (waar Chichewa die onderrigmedium is). Verder het die bevindings aan die lig gebring dat, hoewel die kinders kennis uit verskeie kennisbasisse kon gebruik om afleidings te maak, die afleidingsproses verswak indien die storie-inhoud te veel van hulle eie ervarings afgewyk het. Laastens het ons bevind dat daar variasies in die afleidingspatrone is wat korreleer met die taal van die stimulus-materiaal en die respons. |
Lea la Declaración de Acceso abierto
