Sumário
Lexikos, Volume: 33, Número: spe, Publicado: 2023Lexikos, Volume: 33, Número: spe, Publicado: 2023
| Documents |
|---|
|
Voorlopige kriteria vir wie en wat die leksikograaf is
Swart, Marius
du Plessis, André H.
Resumo em Inglês: There is surprisingly little systematic academic research on who exactly lexicographers are. This issue was identified a decade ago by Rufus Gouws. Gouws (2012) not only investigates the activities of those involved in Lexicography, but critically questions the roles of the active participants. Gouws (ibid.) concludes by emphasising that it is imperative to develop unambiguous criteria for who can be called a lexicographer. This article aims to help develop these criteria by placing the work of Gouws under the microscope in the form of a case study with an underlying thematic analysis. Gouws' own contributions to the meta- and practical lexicography, as well as to dictionary didactics and pedagogy, attests to his productivity, expertise and relevance. This case study includes a literature review of Gouws' research articles from the last 10 years since the publication of the 2012 article mentioned above. The articles are analysed thematically to deduce the general roles and activities of the lexicographer. These roles or activities are discussed incisively, and from this discussion, a set of tentative criteria is proposed for who can be called a lexicographer.Resumo em af: Daar is verbasend min sistematiese akademiese ondersoek na wie presies leksikograwe is. Rufus Gouws wys hierdie problematiek reeds 'n dekade gelede uit. Gouws (2012) ondersoek nie net die aktiwiteite wat verband hou met Leksikografie nie, maar vra krities watter rolle die persone speel wat binne hierdie vakgebied bedrywig is. Gouws (ibid.) se bespreking lei af dat dit nodig is om ondubbelsinnige kriteria te ontwikkel vir wie 'n leksikograaf genoem kan word. Om hierdie kriteria te help ontwikkel, neem hierdie artikel die werk van Gouws onder die loep in die vorm van 'n gevallestudie met 'n onderliggende tematiese analise. Gouws se eie bydrae op metaleksikografiese vlak, maar ook tot die leksikografiese praktyk en leksikografie-opleiding, spreek vanself in terme van produktiwiteit, kundigheid en relevansie. Die gevallestudie behels 'n literatuuroorsig oor Gouws se navorsingsartikels uit die afgelope 10 jaar sedert die verskyning van die genoemde 2012-artikel. Die artikels is tematies ontleed en 'n stel rolle word afgelei wat algemeen blyk uit hierdie leksikografiese publikasies. Hierdie rolle of aktiwiteite word indringend bespreek, en uit die bespreking word uiteindelik 'n voorlopige stel kriteria afgelei vir wie 'n leksikograaf genoem kan word. |
|
Articles Structuring a Collection of Lexicographic Data for Different User and Usage Situations Fuertes-Olivera, Pedro A. Resumo em Inglês: According to Fuertes-Olivera and Tarp (2020), lexicography is being currently shaped by three related tendencies: (a) the increasing use of disruptive technologies; (b) the necessity of finding new business models that can finance new lexicographic projects; and (c) the existence of growing competition from other information sources, e.g. Google. These trends have a particular influence on specialized dictionaries, defined here as tools that cover areas outside general cultural knowledge and its corresponding Language for General Purpose (LGP). This article adopts the view that lexicographers can deal with the abovementioned tendencies by preparing structured collections of lexicographic data with details that can be easily converted into information and stored in DWSs that allow multiple combinations and possible retrievals. This option is suitable for the tendencies, as it uses adequate technologies, e.g. ways of profiling or individualizing searches, defends a new business model based on the creation of lexicographic data that can feed many different tools, e.g. Write Assistant (Fuertes-Olivera and Tarp 2020), and offers better and more precise information than that of Google and other information tools.Resumo em af: Volgens Fuertes-Olivera en Tarp (2020) word die leksikografie tans gevorm deur drie verwante tendense: (a) die toenemende gebruik van ontwrigtende tegnologieë; (b) die noodsaaklikheid om nuwe sakemodelle wat nuwe leksikografiese projekte kan finansier, te vind; en (c) die voorkoms van groeiende kompetisie van ander inligtingsbronne, bv. Google. Hierdie tendense het 'n bepaalde invloed op gespesialiseerde woordeboeke, wat hier gedefinieer word as hulpmiddels wat gebiede buite die algemene kulturele kennis en ooreenstemmende Taal vir Algemene Doeleindes (TAD) dek. Hierdie artikel steun die beskouing dat leksikograwe bogenoemde tendense kan hanteer deur gestruktureerde versamelings leksikografiese data met detail voor te berei wat maklik in inligting omskep kan word en in woordeboekskryfstelsels (WSSs) geberg kan word wat veelvoudige kombinasies en moontlike afvoere moontlik maak. Hierdie opsie is toepaslik vir die tendense, aangesien dit voldoende tegnologieë gebruik, bv. metodes vir profielsamestelling of geïndividualiseerde soektogte, steun bied aan 'n nuwe sakemodel wat gebaseer is op die skep van leksikografiese data wat baie verskillende hulpmiddels kan voed, bv. Write Assistant (Fuertes-Olivera en Tarp 2020), en beter en meer presiese inligting as dié van Google en ander inligtingshulpmiddels kan aanbied. |
|
Articles Ways out of the Dictionary: Hyperlinks to Other Sources in German and African Online Dictionaries Klosa-Kückelhaus, Annette Resumo em Inglês: This study examines a number of German and African online dictionaries to see how they make use of the possibility of linking to external sources (e.g. other dictionaries, encyclopaedias, or even corpus data). The article investigates which hyperlinks occur at which places in the word articles and how these are presented to the dictionary users. This is done against the background of metalexicographic considerations on the planning of outer features and the mediostructure in online dictionaries as well as different categorizations of hyperlinks in online reference works. The results show that retro-digitized dictionaries make virtually no use of hyperlinks to external sources. Genuine online dictionaries, on the other hand, do, but often in a form that needs improvement, since, for example, explanations of dictionary-external links are not always found in the user guide and their design is different even within a dictionary.Resumo em af: In hierdie artikel word 'n aantal aanlyn Duitse en Afrika-woordeboeke bestudeer om waar te neem hoe die moontlikheid om met eksterne bronne (bv. ander woordeboeke, ensiklopedieë, of selfs korpusdata) verbind te word, in hierdie bronne gebruik word. Daar word ondersoek ingestel na watter hiperskakels op watter plekke in die woordartikels voorkom en hoe hulle aan die woordeboekgebruikers aangebied word. Dit word gedoen teen die agtergrond van metaleksikografiese beskouings oor die beplanning van buitekenmerke en die mediostruktuur in aanlyn woordeboeke sowel as verskillende kategoriserings van hiperskakels in aanlyn naslaanwerke. Die resultate dui daarop dat retro-gedigitaliseerde woordeboeke feitlik glad nie gebruik maak van hiperskakels na eksterne bronne nie. Aan die ander kant maak ware aanlyn woordeboeke wel daarvan gebruik, maar dikwels in 'n vorm wat verbetering benodig, aangesien verklarings van woordeboek-eksterne skakels, byvoorbeeld, nie altyd in die gebruikersgids gevind word nie en hul ontwerp binne een woordeboek kan verskil. |
|
Articles How to Solve Problems in Dictionary Use: The Georgian Case Margalitadze, Tinatin Meladze, George Resumo em Inglês: The present article was inspired by the plenary lecture given by Rufus Gouws at the XX International Congress of EURALEX in Mannheim: "Dictionaries: Bridges, Dykes, Sluice Gates" (Gouws 2022). His emphasis on the lack of a dictionary culture and the responsibilities that not only lexicography has towards society, but that society also has towards lexicography is an important perspective that is relevant for many societies, including Georgian society. While Gouws uses this term as an umbrella term to refer to both the user-friendliness of dictionaries, on the one hand, and the ability and willingness of society to use dictionaries and their knowledge of dictionary-use skills, on the other, in the present article we concentrate more on the latter aspect of the term dictionary culture. Numerous studies conducted in the field of dictionary use since the 1970s have revealed that many users did not know how to use dictionaries, were not familiar with the structure of entries, could not identify what part of speech this or that word was, had no idea of homonymy, polysemy and related issues; this led to errors in comprehension, translation and other tasks related to foreign language acquisition. These studies, conducted in different countries, also clearly showed the need to teach dictionary use in schools and universities. Unfortunately, despite efforts from lexicographers and educators to improve this situation, and despite some positive steps taken in this direction which will be discussed in the paper, there is still no satisfactory teaching of dictionary use in educational institutions that would help create or sustain dictionary culture. The aim of this article is to discuss problems in dictionary use in the Georgian context and share our experience of introducing the teaching of lexicography and developing dictionary-use skills at Georgian universities.Resumo em af: Hierdie artikel is geïnspireer deur die plenêre referaat wat deur Rufus Gouws by die XX Internasionale EURALEX Kongres in Mannheim gelewer is: "Dictionaries: Bridges, Dykes, Sluice Gates" ("Woordeboeke: Brue, dyke, sluisdeure") (Gouws 2022). Sy beklemtoning van die gebrek aan woordeboekkultuur en die verantwoordelikhede, nie slegs wat die leksikografie teenoor die gemeenskap het nie, maar wat die gemeenskap ook teenoor die leksikografie het, is 'n belangrike perspektief wat relevant is vir baie gemeenskappe, insluitende die Georgiese gemeenskap. Terwyl Gouws hierdie term as sambreelterm gebruik om na beide die gebruikersvriendelikheid van woordeboeke, aan die een kant, en die vermoë en bereidwilligheid van die gemeenskap om woordeboeke en hul kennis van woordeboekgebruiksvaardighede te gebruik, aan die ander kant, te verwys, fokus ons in hierdie artikel meer op laasgenoemde aspek van die term woordeboekkultuur. Verskeie studies wat sedert die 1970s in die woordeboekgebruiksveld uitgevoer is, het aangetoon dat baie gebruikers nie geweet het hoe om woordeboeke te gebruik nie, dat hulle nie bekend was met die struktuur van inskrywings nie, dat hulle nie die woordsoort van 'n woord kon identifiseer nie, dat hulle geen idee van homonomie, polisemie en verwante kwessies gehad het nie; dit het gelei tot foute in begrip, vertaling en ander take wat verband hou met vreemdetaalverwerwing. Hierdie studies wat in verskillende lande uitgevoer is, het ook die behoefte aan die onderrig van woordeboekgebruik in skole en universiteite duidelik aangetoon. Ongelukkig, ten spyte van pogings van leksikograwe en opvoeders om hierdie situasie te verbeter, en ten spyte van sommige positiewe stappe wat in hierdie rigting geneem is, wat in hierdie artikel bespreek sal word, is daar steeds nie bevredigende onderrig in woordeboekgebruik in opvoedkundige instansies wat daartoe sal bydra dat 'n woordeboekkultuur geskep of volhoubaar gemaak word nie. Die doel van hierdie artikel is om probleme in woordeboekgebruik in die Georgiese konteks te bespreek en om ons ervaring in die implementering van die onderrig van leksikografie en die ontwikkeling van woordeboekgebruiksvaardighede aan Georgiese universiteite te deel. |
|
Articles Gender Stereotypes in Dictionaries: The Challenge of Reconciling Usage-based Lexicography with the Role of Dictionaries as Social Agents Müller-Spitzer, Carolin Resumo em Inglês: In many countries of the world, perspectives on gender equality and racism have changed in recent decades.1 One result has been more attention being devoted to traces of androcentric and racist language in society. This also affects dictionaries. In lexicography there are discussions about whether or to what extent social asymmetries are inscribed in dictionaries and if this is still acceptable. The issue of the nature of description plays an important role in this discussion. If sexist usages are often found in language use, i.e. in the corpus data on which the dictionary is based, does the dictionary also have to show them? How is this, in turn, compatible with the normative power of dictionaries? Do dictionaries contribute to the perpetuation of gender stereotypes by showcasing them under the banner of descriptive principles? And what roles do lexicographers play in this process? The article deals with these questions on the basis of individual lexicographical examples and current discussions in the lexicographic and public community.Resumo em af: In baie lande van die wêreld het perspektiewe op gendergelykheid en rassisme in onlangse dekades verander.1 Een uitvloeisel hiervan is dat meer aandag geskenk word aan spore van androsentriese en rassistiese taal in die gemeenskap. Dit beïnvloed ook woordeboeke. In die leksikografie is daar besprekings oor of en tot watter mate sosiale asimmetrieë in woordeboeke beskryf word en of dit nog aanvaarbaar is. Die kwessie rondom die aard van beskrywing speel 'n belangrike rol in hierdie bespreking. Moet die woordeboek ook seksistiese gebruike opneem indien dit dikwels in taalgebruik, bv. in die korpusdata waarop die woordeboek gebaseer is, gevind word? Hoe is dit op sy beurt weer versoenbaar met die normatiewe krag van woordeboeke? Dra woordeboeke by tot die verewiging van genderstereotipes deur hulle onder die vaandel van beskrywende beginsels op te neem? En watter rolle moet leksikograwe in hierdie proses speel? In dié artikel word op grond van individuele leksikografiese voorbeelde en huidige besprekings in die leksikografiese en openbare gemeenskap aan hierdie vraagstukke aandag geskenk. |
|
Articles Lexicography, Culture and Mediation. Or Why a Good Lexicographer Must Also Be a Good Cultural Mediator Curcio, Martina Nied Resumo em Inglês: Culture-bound items are often omitted in lexicographic resources, and when they are present, they are rarely described in an appropriate way, especially in bilingual dictionaries: the listed equivalents often do not reflect the meaning of the cultural word precisely, usage examples may be missing and above all - especially for a non-native speaker - important information on the cultural level is omitted (Nied Curcio 2020). Communication problems and misunderstandings which are triggered not by divergences on the linguistic level, but on the cultural level, can arise between speakers of different languages and cultures. Specific cultural knowledge and an advanced level of intercultural competence are required. Mediation of texts and concepts and using mediation strategies can provide significant input developing the lexicographer's intercultural competence, which is essential for an adequate lexicographic description of cultural aspects. Mediators often resort to their plurilinguistic and pluricultural repertoire and use mediation strategies. The same skills can also be harnessed by lexicographers for adequate and successful descriptions of culture-bound items in lexicographic resources. In this article the focus is on the concept of mediation; the Companion Volume of the Common European Framework of Reference for Languages (2018) shows parallels in the requirements of skills between mediators and lexicographers, and advocates the use of mediation strategies by lexicographers to ensure that cultural information is adequately represented in the dictionary.Resumo em af: Kultuurgebonde items word dikwels weggelaat uit leksikografiese bronne, en wanneer hulle aanwesig is, word hulle selde, veral in tweetalige woordeboeke, op 'n toepaslike wyse verklaar: die gelyste ekwivalente reflekteer dikwels nie die betekenis van die kultuurwoord akkuraat nie, gebruiksvoorbeelde mag ontbreek, en bowenal - veral vir 'n niemoedertaalspreker - word belangrike inligting op kultuurvlak weggelaat (Nied Curcio 2020). Kommunikasieprobleme en misverstande wat, nie deur afwykings op linguistiese vlak nie, maar op kultuurvlak, veroorsaak word, kan tussen sprekers van verskillende tale en kulture ontstaan. Spesifieke kultuurkennis en 'n gevorderde vlak van interkulturele vaardigheid word vereis. Bemiddeling van tekste en konsepte en die gebruik van bemiddelingstrategieë kan belangrike insette lewer om die leksikograaf se interkulturele vaardigheid, wat noodsaaklik is vir 'n voldoende leksikografiese beskrywing van kultuuraspekte, te ontwikkel. Bemiddelaars maak dikwels gebruik van hul veeltalige en multikulturele repertoire en gebruik bemiddelingstrategieë. Leksikograwe kan ook dieselfde vaardighede vir die voldoende en suksesvolle beskrywing van kultuurgebonde items in leksikografiese hulpbronne inspan. In hierdie artikel word die fokus op die mediasiekonsep geplaas; die Companion Volume van die Common European Framework of Reference for Languages (2018) toon ooreenkomste in die vaardigheidsvereistes tussen bemiddelaars en leksikograwe, en steun die gebruik van bemiddelingstrategieë deur leksikograwe om te verseker dat kultuurinligting in die woordeboek voldoende verteenwoordig word. |
|
Articles Eppur si muove: Lexicography is Becoming Intelligent! Tarp, Sven Resumo em Inglês: The paper focuses on an ongoing R project which the author is conducting together with Spanish lexicographers as well as computer scientists from a high-tech company specialized in online dictionaries and language services. The objective is to develop an AI-powered Spanish writing assistant for both native and non-native writers and learners. After briefly discussing the current experiences with digital writing assistants, the paper will detail the concrete project, where the lexicographers' task is, on the one hand, to contribute to the training of the underlying language model, and on the other hand, to outline a model for good communication between the tool and its users. Based on a study of practice in existing writing assistants, the paper will then formulate a set of principles for user communication that will be implemented in the writing assistant. The article gives examples of how this implementation takes place, what new challenges it poses, and how the writing assistant will eventually work. Finally, it discusses the lexicographers' new tasks and outlines some perspectives for future work.Resumo em af: In hierdie artikel word gefokus op 'n deurlopende N wat die outeur saam met Spaanse leksikograwe, asook rekenaarwetenskaplikes van 'n hoëtegnologiemaatskappy, wat spesialiseer in aanlynwoordeboeke en taaldienste, onderneem. Dit het die ontwikkeling van 'n KI-gedrewe Spaanse skryfhulpmiddel vir beide moeder- en niemoedertaalskrywers en -leerders ten doel. Ná 'n kort bespreking van die huidige ervaring met digitale skryfhulpmiddels word die konkrete projek, waarvan die leksikograwe se taak, aan die een kant, is om 'n bydrae te lewer tot die afrigting van die onderliggende taalmodel, en aan die ander kant, om 'n model vir goeie kommunikasie tussen die werktuig en die gebruikers daarvan te beskryf, uitvoerig uiteengesit. Gebaseer op 'n studie van die ervaring in bestaande skryfhulpmiddels, sal daarna 'n stel beginsels vir gebruikerskommunikasie geformuleer word wat in die skryfhulpmiddel geïmplementeer sal word. In die artikel word voorbeelde gegee van hoe die implementering plaasvind, watter nuwe uitdagings teengekom word, en hoe die skryfhulpmiddel uiteindelik sal funksioneer. Laastens word die leksikograaf se nuwe take bespreek en 'n paar vooruitsigte vir toekomstige werk word uiteengesit. |
|
Semantiese betrekkinge en woordeboekstrukture in 'n Afrikaanse tesourus
van der Merwe, Michele F.
Resumo em Inglês: In a thesaurus, the structure of the vocabulary and the particular relationships between the lexical items in that vocabulary are foregrounded. A vocabulary shows a specific structure within which the different lexical items are connected to each other based on especially their meanings. The topic of this research is the lexicographic presentation of different semantic relations between lexical items in the different editions of the Groot Tesourus van Afrikaans and the Pharos Tesourus van Afrikaans. In a comparative study between the two editions, the following research question is asked: What changes and differences, if any, can be observed regarding the presentation of semantic relations between the two editions? Semantic relations between lexical items (among others synonymy, hyponymy and oppositeness) and their presentation in both thesaurus editions are highlighted. The lexicographic handling of semantic relations is discussed against the background lexicography theory regarding dictionary structures and e-lexicography. Recommendations regarding a more user-oriented handling of semantic relations are made, also in relation to an electronic thesaurus.Resumo em af: In 'n tesourus word die struktuur van die woordeskat en die besondere verhoudings tussen die leksikale items in daardie woordeskat op die voorgrond geplaas. 'n Woordeskat vertoon 'n bepaalde struktuur waarbinne die verskillende leksikale items op grond van veral hulle betekenisse met mekaar saamhang. Die onderwerp van hierdie navorsing is die leksikografiese aanbieding van onderskeie semantiese betrekkinge tussen leksikale items in die verskillende uitgawes van die Groot Tesourus van Afrikaans. In 'n vergelykende studie tussen die twee uitgawes word die volgende navorsingsvraag gevra: Watter veranderings en verskille, indien enige, kan daar ten opsigte van die aanbieding van semantiese betrekkinge tussen die twee uitgawes waargeneem word? Semantiese betrekkinge tussen leksikale items (onder andere sinonimie, hiponimie en teenoorgesteldheid) en die aanbieding daarvan in albei tesourusuitgawes word belig. Die leksikografiese hantering van semantiese betrekkinge word bespreek teen die agtergrond van die leksikografieteorie rakende woordeboekstrukture en e-leksikografie. Aanbevelings ten opsigte van 'n meer gebruikersgerigte hantering van semantiese betrekkinge word gemaak, ook met betrekking tot 'n elektroniese tesourus. |
|
Verskillende perspektiewe oor glossariums: Vertalend teenoor leksikografies
Feinauer, Ilse
Resumo em Inglês: The term glossary appears inter alia in both translation and lexicography with what looks like different applications: for translation - a list of words added to the target text by the translator; for lexicography - a type of dictionary or reference work. It seems that the term more frequently occurs in the metalanguage of both practical (literary) translation and lexicography than in the metalanguage of translation studies and lexicographic theory. In both cases however the term is used in a less coherent, less uniform and more fuzzy way, than would be expected from a term used in a scientific discipline. In this article I will try to distinguish the diverse applications of the term glossary in a systematic way since it might be impossible to define glossary unambiguously. I will start off by unpacking the extra-textual and textual features of the term glossary showing the differences and similarities as used in the fields of translation studies and metalexicography. The article will be more descriptive than normative, but suggests that the term glossary is reserved in translation and that the term specialised dictionary (monolingual, bilingual, multilingual) is used in the lexicographic field.Resumo em af: Die term glossarium kom onder andere in sowel vertaling as leksikografie voor in wat lyk soos verskillende toepassings: vir vertaling - 'n lys woorde wat deur die vertaler tot die doelteks toegevoeg word; vir leksikografie - 'n tipe woordeboek of naslaanwerk. Dit lyk of die term meer dikwels in die metataal van sowel praktiese (literêre) vertaling en praktiese leksikografie voorkom as in die vertaalwetenskap en metaleksikografie. In albei gevalle word die term egter minder koherent, minder eenduidig en vaer gebruik as wat van 'n term in 'n wetenskaplike veld verwag sou word. In hierdie artikel probeer ek die uiteenlopende toepassings van die term glossarium sistematies te onderskei, want dit sal feitlik onmoontlik wees om glossarium ondubbelsinnig te definieer. Ek begin deur die ekstratekstuele en tekstuele kenmerke van die term glossarium te ontleed deur die verskille en ooreenkomste aan te toon soos dit onderskeidelik in die vertaalwetenskap en metaleksikografie gebruik word. Die artikel is meer deskriptief as normerend, maar stel tog voor dat glossarium gereserveer word vir gebruik in die vertaalwetenskap en dat die term spesialiswoordeboek (eentalig, tweetalig, meertalig) in die metaleksikografie gebruik word. |
Leia a Declaração de Acesso Aberto
