Open-access Oor onlangse voorstelle vir die wegdoen van polisemie en homonimie in leksikografie

Abstract

Twee artikels het onlangs in Lexikos verskyn wat voorstel dat weggedoen word met homonimie en polisemie in die leksikografie, spesifiek in woordeboeke met slegs 'n teksresepsiefunksie. Hierdie bydrae identifiseer twee teoretiese hoofpremisse vir die voor-stel en bevraagteken hulle. Die premisse is: (i) 'n teorie van die lemma as taalteken; en (ii) die resultate van woordeboekkritiek. By nadere ondersoek word bevind dat beide die premisse faal met betrekking tot polisemie. Met betrekking tot homonimie word die eerste premis as ongeldig bewys, en die tweede een word geldig bevind. Die bevindinge hou in dat die teoretiese basis vir die voor-stel óf hersien moet word (waarvoor die teorie van leksikografiese kommunikasie aangebied word), óf op die enkele praktiese en onbewese argument van datatoeganklikheid moet steun. Terselfdertyd ontwikkel die bydrae 'n potensiële breë raamwerk vir die teorie van leksikografiese kommunikasie. Die raamwerk verteenwoordig 'n leksikografiese teksgrammatika, wat as 'n kommunikasiekode parallel tot elemente van die teorie van leksikografiese tekste en taalkundige grammatikas aange-bied word. Daar word aangevoer dat woordeboekartikels uit tekste bestaan waarin hierdie twee grammatikas in wisselende mates oorvleuel en as sodanig 'n hibridiese vorm van tekstuele kom-munikasie verteenwoordig.

grammatika; homonimie; leksikografiese grammatika; leksikografiese kommunikasie; polisemie; semiotiek; taalkunde; taalteken; teorie van leksikografiese kommunikasie; teorie van leksikografiese tekste


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top