Open-access 'n Leksikografiese perspektief op doelbewuste en toevallige leer: 'n Ou vraagstuk word vanuit 'n nuwe invalshoek benader

Abstract

Die aanleer van 'n tweede taal is 'n komplekse proses waarin teksresepsie (lees, luister) en teksproduksie (skryf, praat) gekombineer word. Die Toegepaste linguistiek onderskei gewoonlik tussen doelbewuste en toevallige leer. Die akademiese literatuur bevat verskeie definisies van hierdie konsepte, veral met betrekking tot lees. In hierdie artikel word L2-leer vanuit 'n leksikografiese perspektief verken, en die twee terme word, gebaseer op parameters soos vloei, fokus, en onderbreking, geherdefinieer. Dan word daar gefokus op digitale woordeboeke wat in e-lesers, aanleerdertoepassings en skryf-hulpmiddels ge'integreer is, en daar word geargumenteer dat hierdie integrasie tot dusver weens 'n aantal negatiewe faktore nie besonder suksesvol was nie. As alternatief verskaf hierdie artikel voorbeelde van hoe leksikografiese data gefilter en in opwipvensters tot voordeel van beide toevallige en doelbewuste leer aangebied kan word. Eersgenoemde vereis onmiddellike, gekontekstuali-seerde, en diskrete ondersteuning met 'n absolute minimum leksikografiese data, terwyl laasge-noemde maklike toegang tot relevante addisionele data voorveronderstel. Laastens word tegnieke en tegnologiee wat vereis word om die sukses van hierdie benadering te waarborg, bespreek

toevallige leer; doelbewuste leer; geintegreerde woordeboeke; e-lesers; e-leeshulpmiddels; aanleerderstoepassings; skryfhulpmiddels; intuitiewe gebruik; konteksbewustheid; leksikografiese kontekstualiSERING


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top