Abstract
In hierdie artikel word gepoog om 'n kohe-rente en volledige prentjie te skets van hoe Engelse woordeboekmaak ontwikkel het vanaf argetipe tot preskriptiewe, historiese, deskriptiewe en uiteindelik kognitiewe vorm deur die evolusionêre "draad" van Engelse woordeboeke vanaf hul oorsprong tot die huidige stand vanuit 'n linguistiese perspektief na te spoor. 'n Ge'integreerde reeks Engelse woordeboekparadigmas neem vorm aan en daar word gedemonstreer hoe die Engelse leksikografie deur nalatenskap, vernuwing en self-vervolmaking tot die moderne vorm ontwikkel het.
engelse leksikografie; woordeboekparadigmas; argetipe; LATYNSE TRADISIE; PRESKRIPTIWITEIT; DESKRIPTIWITEIT; DIACHRONISME; KOGNITI-VISME