Open-access Een naam, twee genres: Die unieke geval van Poolse regsensiklopedieë

Abstract

Hierdie artikel ondersoek Poolse regsnaslaanwerke deur 'n sistematiese analise van publikasies wat as regsensiklopedieë geëtiketteer is, uit te voer, en wys 'n gaping in die regsmetaleksikografie uit. Dit belig die tipologie en eienskappe van hierdie bronne. Die biblioteekopname het twee tipes Poolse regsensiklopedieë geïdentifiseer: leksikografiese werke met alfabeties geordende inskrywings wat gefragmenteerde kennis aanbied en monografiese werke wat in hoofstukke verdeel is wat soos akademiese handboeke lyk. In die meeste gevalle besef die gebruiker in werklikheid eers watter tipe publikasie dit is wanneer die gegewe werk oopgeslaan word. Die studie beskryf 78 werke wat tussen 1842 en 2023 gepubliseer is volgens die publikasiejaar, regsvelde wat gedek word, grootte, omvang en teikengebruikers. Die analise toon dat leksikografiese regsensiklopedieë hoofsaaklik in spesifieke regsvelde spesialiseer en verskeie sistematiseringstegnieke, insluitend kruisverwysing en tematiese indeksering, aanwend, terwyl monografiese regsensiklopedieë hoofsaaklik die algemene Poolse reg vir opvoedkundige doeleindes aanspreek. 'n Belangrike waarneming wat uit hierdie studie voortspruit, is dat monografiese publikasies, ongeag hul handboekagtige struktuur, fundamentele eienskappe met leksikografiese publikasies deel en aanvullende kennisorganiserende funksies verrig wat leksikografiese aanpasbaarheid by diverse gebruikersbehoeftes binne gepesialiseerde velde vertoon. Die bevindings daag tradisionele leksikografiese klassifikasiestelsels uit deur te suggereer dat funksionele kriteria dalk belangriker as formele strukturele kenmerke in die begrip van die gespesialiseerde leksikografiese praktyk kan wees.

regsensiklopedie; leksikografie; poolse leksikografie; regstaal; tsd; spesiale doel woordeboek


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top