Abstract
Anglisismes, 'n tipe leksikale ontlening, kom voor wanneer 'n taal Engelse leksikale items in sy woordeskat inkorporeer, hetsy woordeliks of getranslitereerd. Pseudo-anglisismes is ook opmerklik; hulle lyk vanweë hul vorm Engels, maar is nie werklik Engels nie. Hierdie artikel ondersoek die insluiting en hantering van anglisismes en pseudo-anglisismes in Moderne Griekse woordeboeke, en fokus op selfstandige naamwoorde wat eindig op -ing, 'n agtervoegsel kenmerkend van die Engelse morfologie. Die metodologie behels 'n makrostrukturele vergelyking van vyf Griekse woordeboeke om hul inklusiwiteit in die hantering van hierdie verskynsel te bepaal. In die mikrostruktuuranalise word die teenwoordigheid van Griekse ekwivalente in die woordeboeke ondersoek. Bevindinge word dubbel gekontroleer teen 'n korpus om te bepaal met watter alternatiewe Griekse moedertaalsprekers meer vertroud is. Daarbenewens word elemente soos die domeine en style van die geïdentifiseerde leksikale items ook ondersoek om tendense in hul skepping en gebruik te onthul.
néologie; neologismes; anglisismes; pseudo-anglisismes; leksikale ontlening; griekse leksikografie; griekse woordeboeke; kritiese leksikografie



