Open-access A New English-Serbian Dictionary of Sports Terms in die lig van kontemporêre uitdagings

Abstract

In hierdie artikel word aandag geskenk aan teoretiese en praktiese aspekte van die onlangs gepubliseerde Novi englesko-srpski rečnik sportskih termina [Afr. 'n Nuwe Engels-Serwiese Woordeboek van Sportterme] (Milić et al. 2021). Die doel daarmee is om lig te werp op oplossings wat gelei het tot vernuwings in die Serwiese leksikografie. Ná die teoretiese onderbou van die leksikografiese model en die beskrywing daarvan word daar in die bespreking op die oplos van die makro- en mikrostrukturele kwessies wat nie met die bestaande leksikografiese en leksikologiese norme in ooreenstemming gebring kon word nie, gefokus. Die problematiese kwessies wat hanteer word, sluit die morfosintaksis van trefwoorde, die aanpas van Japannees-gebaseerde en gimnastiekterme uit Engels in Serwies, en die medium van die Woordeboek in die digitale era in. Die huidige navorsing bou voort op voorafgaande werk vanaf 2017 tot 2021, waarvan die belangrikste resultaat die publikasie van die Woordeboek was.

woordeboek; engels; serwies; leksikografie; leksikologie; sport; standaardisering; term; terminologie


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba