Open-access Neologismes en hul funksies in die kritiese diskoers

Abstract

Die bydraes van nuwe woorde tot die konstruksie van 'n diskoers word as diskoersfunksies verstaan. Neologismes lei, byvoorbeeld, tot nuwe denkwyses deur nuwe konseptuele kennis te vergestalt en kollek-tiewe denkprosesse te beïnvloed. Hulle speel 'n deurslaggewende rol in die karakterisering van opkomende sosiale praktyke deur vae konsepte te verhelder en die grondslag vir verdere leksikale innovasie, soos d.m.v. woordvorming, te lê. Binne krisisverwante diskoers word neologismes noodsaaklik in die vorming van 'n linguistiese werkükheid deur as sentrale punte binne 'n gestruktureerde netwerk op te tree. Neologismes beskik oor die potensiaal om ideologiese inhoud en kulturele waardes bloot te lê, aangesien hierdie terme belangrike kwessies in debatte kan uitlig. Terme soos "Cancel-Culture", "Wokeness", en "Greenflation" vang 'n reeks sienings en oortuigings in samelewingsgesprekke oor ideologiese, kulturele en politieke spektrums vas. Wanneer neologismes egter leksikografies gedokumenteer word, word hul rolle in diskoers nie gespesifiseer nie. Hierdie artikel demonstreer hoe die sleutelaspekte van diskoers wat deur nuwe woordeskatitems beklemtoon word, sistematies in 'n onlangs ontwikkelde Duitse neologismewoordeboek gedokumenteer word. Dit is duidelik dat dié nuwe hulpbron poog om die beperkings van vorige leksikografiese metodes te oorkom deur spesifieke elemente van die diskoersleksikografie (Kamper 2006: 350) oor te neem. Hierdie artikel verken ook die moontlikheid dat nuwe metodes hiervoor aangewend kan word.

neologismehulpbron; diskoersleksikografie; kritiese diskoersanalise; diskoerspatrone; diskoersfunksies; woordinbedding


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top