Abstract
In hierdie studie word die potensiële toepassing van groottaalmodelle (GTM'e) in Koreaanse neologisme-onttrekking en woordeboeksamestelling verken, terwyl die beperkings van bestaande metodes, insluitend die vooroordeel ten gunste van nuusgeoriënteerde data en morfologiese neologismes, krities ondersoek word. Deur nuuskorpusdata naas kitsboodskap- en aanlynposkorpora te ontleed, identifiseer hierdie studie beduidende beperkings in huidige nuusgesentreerde benaderings, veral in die opsporing van eerste voorkomste en die onttrekking van neologismes wat met alledaagse onderwerpe verband hou. Empiriese resultate in die gebruik van GTM'e demonstreer hul potensiaal om die beperkings van nuusbevooroordeelde neologisme-onttrekking aan te pak deur ongeregistreerde woorde uit diverse webgebaseerde kontekste voor te stel. Kwessies soos duplisering en oorgenerering bestaan egter steeds. In take wat aanbevelings rakende semantiese neologismes en woorde-boekmikrostruktuurskepping behels het, het GTM'e relatief goed gevaar met hoëfrekwensie- en nuusbevooroordeelde onderwerpe wanneer hulle van addisionele kontekstuele prompe voorsien is, maar tekortkominge het ook duidelik by laefrekwensie- en nienuusbevooroordeelde neologismes geblyk. Hierdie bevindings dui daarop dat die prestasie van huidige GTM'e sterk op die diversiteit van opleidingsdata en gebruikersverskafde kontekstuele inligting staatmaak. Die resultate van hierdie studie beklemtoon die behoefte aan verdere ondersoeke na die kritieke uitdagings in neologisme-navorsing, die leksikografie en korpuslinguistiek, sowel as na die rol wat die leksikografie in die verbetering van die prestasie van GTM'e kan speel.
leksikografie; neologismes; ongeregistreerde woorde; nuus-korpus; semantiese neologisme; verteenwoordigendheid; balans; leksikografiese data; makrostruktuur; groottaalmodelle





