Open-access Die strukturering van 'n versameling leksikografiese data vir verskillende gebruikers- en gebruiksituasies

Abstract

Volgens Fuertes-Olivera en Tarp (2020) word die leksikografie tans gevorm deur drie verwante tendense: (a) die toenemende gebruik van ontwrigtende tegnologieë; (b) die noodsaaklikheid om nuwe sakemodelle wat nuwe leksikografiese projekte kan finansier, te vind; en (c) die voorkoms van groeiende kompetisie van ander inligtingsbronne, bv. Google. Hierdie tendense het 'n bepaalde invloed op gespesialiseerde woordeboeke, wat hier gedefinieer word as hulpmiddels wat gebiede buite die algemene kulturele kennis en ooreenstemmende Taal vir Algemene Doeleindes (TAD) dek. Hierdie artikel steun die beskouing dat leksikograwe bogenoemde tendense kan hanteer deur gestruktureerde versamelings leksikografiese data met detail voor te berei wat maklik in inligting omskep kan word en in woordeboekskryfstelsels (WSSs) geberg kan word wat veelvoudige kombinasies en moontlike afvoere moontlik maak. Hierdie opsie is toepaslik vir die tendense, aangesien dit voldoende tegnologieë gebruik, bv. metodes vir profielsamestelling of geïndividualiseerde soektogte, steun bied aan 'n nuwe sakemodel wat gebaseer is op die skep van leksikografiese data wat baie verskillende hulpmiddels kan voed, bv. Write Assistant (Fuertes-Olivera en Tarp 2020), en beter en meer presiese inligting as dié van Google en ander inligtingshulpmiddels kan aanbied.

leksikografiese data; tegnologie; gespesialiseerde taal; gespesialiseerde leksikografie; e-leksikografie


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba