Open-access Funksionele kompromieë in die tweetalige leksikografie: 'n Teoriegebaseerde kritiek van Aquilina se Maltees-Engels Woordeboek

Abstract

In hierdie artikel word 'n teoriegebaseerde kritiek van Aquilina se Maltees-Engels Woordeboek (AMEW), die gesaghebbendste tweetalige woordeboek in die Maltese leksikografie, aangebied. Die studie, gefundeer in die Funksieteorie, beoordeel die AMEW se kommunikatiewe sowel as kognitiewe funksies, veral in terme van die interaksie tussen strukture, toegang en leksikografiese inligtingskostes. Metodologies kombineer die studie Tarp (2017) se model vir woordeboekkritiek met Nielsen (2009) se raamwerk vir beduidende kenmerke en inligtingskostes. Deur gebruik te maak van 'n sistematies saamgestelde steekproef, word AWEW se woordeboekkonsep, strukturele ontwerp en funksionele prestasie ten opsigte van teksproduksie, teksresepsie, proeflees, vertaling en kognitiewe konsultasie ontleed. Die bevindinge toon dat AMEW se gesaghebbendheid grootliks op die woordeboek se kognitiewe sterkpunte, insluitend die ensiklopediese bestek, morfologiese samehang en historiese diepte, berus. Terselfdertyd word die doeltreffendheid van stiptelike kommunikatiewe gebruik verswak deur verhoogde soekverwante en begripverwante inligtingskostes. Hierdie beperkinge is nie die gevolg van 'n tekort aan inligting nie, maar eerder weens die strukturele organisasie daarvan. Meer bepaald verteenwoordig hulle 'n implisiete, histories gegronde meerfunksionele konsep wat omvattendheid bo funksionele onderskeiding verhef. Deur hierdie kompromieë duidelik uit te lig, dra hierdie artikel by tot die teoriegebaseerde woordeboekkritiek en demonstreer dit hoe 'n funksionele analise 'n verklarende bydrae tot ongebalanseerde leksikografiese prestasie kan bied. Implikasies vir die toekomstige ontwerp van Maltees-Engelse leksikografiese hulpbronne wat ooreenstem met die hedendaagse gebruiker se behoeftes, word ook voorgestel.

Woordeboekkritiek; Leksikografiese Funksies; Leksikografiese Inligtingskostes; Tweetalige Leksikografie; Maltees-engels Woordeboeke; Funksionele Leksikografie; Meerfunksionele Woordeboeke; Woordeboekstruktuur En -toegang; Gebruikersbehoeftes En Gebruiksituasies


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo