Open-access Die resepsie van die woordeboeke saamgestel deur die ALLEX Project en ALRI

Abstract

In hierdie artikel word die teikengebruikers se resepsie van die woordeboeke van die African Languages Lexical (ALLEX) Project en die African Languages Research Institute (ALRI) ondersoek. Hul eienaarskap, bewustheid, kennis en gebruik van die woordeboeke word beoordeel. Die studie poog dus om die woordeboekkultuur van die primêre teikengebruikers van die woordeboeke wat bestudeer word, te peil. Die bevindings van hierdie studie toon dat die woordeboekkultuur van die teikengebruikers sedert die publikasie van die woordeboeke nie veel verander het nie. Die meeste van die teikengebruikers besit nie die woordeboeke nie en gebruik dit nie. Die woordeboeke word ook nie voorgeskryf as sleutelbronne of hulpmiddels in die basiese onderwyssektor of as hulpmiddels vir taalbemiddelaars in howe, die parlement of media nie. Daar bestaan ook geen kurrikulum vir die onderrig van woordeboekvaardighede en die oordra van woordeboekkultuur in die Zimbabwiese basiese onderwysstelsel nie. Die bevindings van hierdie studie beklemtoon verder die heersende wanopvatting dat woordeboekhulp in spraakgemeenskappe in Afrika nie benodig word in 'n moedertaal nie.

Resepsie; ALLEX; ALRI; Woordeboek; Universiteit Van Zimbabwe; Verkooprekords; Woordeboekkultuur; Woordeboekpedagogie; Onderwysbeleid Rakende Woordeboeke; Eienaarskap


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba