Open-access 'N Vergelykende studie van die effektiwiteit van Kl-klets-botte en woordeboektoepasssings in leksikale take en retensie

Abstract

In hierdie studie word 'n Kl-kletsbot (Kimi) en 'n tweetalige woordeboektoepassing (NCD) vergelyk ten opsigte van die steun wat hulle aan Chinese junior studente met Engels as hoofvak in woordeskatopdragte bied. Ses-en-sestig deelnemers het óf Kimi óf NCD gebruik om beide reseptiewe en produktiewe leksikale opdragte te voltooi. Gebruikersterugvoer oor hulpmiddelgebruik is met behulp van vrae-lyste ingesamel, en 'n week later is die langtermynwoordeskatretensie in 'n onverwagse retensietoets bepaal. Die resultate het getoon dat Kimi beduidend beter as NCD in woordeskatbegrip, kolloka-sieproduksie en produktiewe kennisretensie gevaar het. Daarbenewens het Kimi in al die toets-items konsekwenter vertoon as NCD, wat die betroubaarheid van Kimi beklemtoon. Hierdie studie benadruk die potensiaal van Kl-kletsbotte om taalverwante vrae te hanteer en om woordeskatver-werwing te verbeter. Dit bepleit ook die belyning van tegnologiese vooruitgang met pedagogiese doelwitte om hulpmiddels vir die aanleer van taal te optimaliseer en 'n volhoubare leeromgewing te skep.

ki-kletsbot; woordeboektoepassing; woordeskatresepsie; kollokasieproduksie; retensie


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top