Open-access Gedagtes oor die samestelling van die Grand dictionnaire chinois-français contemporain

Abstract

Hierdie artikel bespreek hoe die Grand dictionnaire chinois-français contemporain (GDCFC, 2014), een van die grootste Chinees-Franse woordeboeke, ontwerp en saamgestel is. Weens die beperkte hulpbronne in die taalpaar Chinees en Frans, is die GDCFC as 'n tweerigting- tweetalige woordeboek ontwerp. Om te voorsien in die behoeftes van Chineesspre-kende aanleerders van Frans, die hoofgebruikersgroep, het die GDCFC die lemmalys, sowel as die inligting oor Franse ekwivalente in terme van hul frekwensie, grammatika en register, uitgebrei. Om aan te pas by die behoeftes van Franssprekende aanleerders van Chinees, die sekondêre groep, het die GDCFC sommige trefwoorde wat geklassifiseer kan word as streeksvariante van Chinees ingesluit, en ook nuttige inligting oor die formulisme en plooibaarheid van Chinese karakters (in die besonder klassifiseerders), verskaf. Sommige ander kenmerke soos die aanduiding van woord-soort en ekwivalente in konteks, en die daarstelling van 'n semantiese netwerk van terminologie, is ontwerp om albei gebruikersgroepe daarby te laat baat vind. Die samestelling van hierdie woorde-boek het ook implikasies vir die samestelling van ander hulpbronbeperkte tweetalige woordeboeke.

chinees-franse woordeboek; tweerigting; ontwerpken-merke; gebruikersbehoeftes


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba