Open-access Literêre aanhalings in tweetalige woordeboeke: 'n Gevalle-studie van 'n negentiende-eeuse Nederlands-Chinese woordeboek

Abstract

Die voor-koms van literêre aanhalings in woordeboeke dateer uit die dae toe die soeke na ekwivalente eerder op interteks as op intertaal gebaseer is. Vir beide eentalige en tweetalige woordeboeke was die doel van literêre aanhalings om bewys van gebruik te lewer en om die betekenis van die toepaslike trefwoord uit te lig, met dié verskil dat dit by tweetalige woordeboeke via vertaling geskied het. In hierdie artikel word dié verskynsel in 'n negentiende-eeuse Nederlands-Chinese woordeboek ondersoek deur die analisering van voorbeeldsinne wat die samesteller uit oorspronklike Chinese tekste onttrek het. In die bespreking van voorbeelde uit verskillende tekstipes sal die funksie van die aanhalings en die bedoeling van die samesteller deeglik ondersoek word. Dit wil voorkom of die insluiting van die aanhalings in die woordeboek die resultaat van beide taalkundige en kultu-rele doelwitte is aangesien sowel die sintaksis van Chinees as aspekte van die Chinese kultuur weerspieël word. Hierdie bevindings sal bydra tot 'n beter begrip van die praktyk van insluiting van literêre aanhalings in tweetalige woordeboeke en van die samesteller se rol in die bekendstel-ling van vreemde kulturele aspekte.

literêre aanhalings; tweetalige woordeboeke; Nederlands; chinees; negentiende eeu; leksikografiese praktyk; rol van die samesteller


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top