Open-access Die herkonseptualisering van kontemporêre leksikografie: Emosionele intelligensie en die volhoubare leksikografiese modellering van die modale werkwoord moći

Abstract

Hierdie artikel ondersoek die modale werkwoord moći ("kan"/ "om in staat te wees tot") soos dit beskryf word in woordeboeke wat tans aktief binne die Montenegrynse linguistiese konteks gebruik word, met spesifieke klem op die belang daarvan in beide die digitale en interpersoonlike kommunikasie in kontemporêre taalgebruik. Deur voort te bou op die fundamentele idees van die leksikografiese projek Algemeen Nederlands Woordenboek (ANW) (Fuertes-Olivera 2024, in navolging van Colman 2016), stel die outeurs voor dat die analise en beskrywing van leksikale eenhede - soos beskryf met hierdie spesifieke modale werkwoord as voorbeeld - voorafgegaan moet word deur 'n omvattende analise van die domein van die emosionele impak op gespreksgenote tydens 'n gesprek. Hierdie benadering sal die ontwikkeling van woordeboeke wat wyer strek as slegs die definiëring van leksikale eenhede in verskillende kontekste, beïnvloed. In plaas daarvan sal hulle leiding bied in die gebruik van woorde in emosioneel gekalibreerde kommunikasie om die beoogde emosionele impak effektief binne 'n gegewe konteks oor te dra en te ontlok. Die doel van hierdie artikel is dus om die belangrikheid van emosionele intelligensie en die regulering daarvan aan die hand van die modale werkwoord moći as voorbeeld te belig, en om aanbevelings vir die effektiewer bestuur van emosionele toon oor diverse kommunikatiewe omgewings te maak. Binne hierdie konteks sal kontemporêre woordeboeke 'n sentrale rol in die verbetering van die kwaliteit en effektiwiteit van kommunikasie speel, nie net deur eksakte semantiese onderskeidings aan te bied nie, maar ook deur die inkorporering van pragmatiese en affektiewe leiding, om sodoende te verseker dat die leksikografie 'n volhoubare en sosiaal reaktiewe dissipline bly. Hierdie multidimensionaliteit vereis nie net leksikale presisie nie, maar ook kontekstuele bedagsaamheid en emosionele aanvoeling om kommunikatiewe effektiwiteit te bereik, om die leksikografie 'n volhoubare dissipline te maak wat steeds die kern van alle linguistiese navorsing vorm, waar dit regmatig hoort.

leksikografie; modale werkwoorde; digitale kommunikasie; woordeboeke; emosionele intelligensie; diskoersanalise


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top