Open-access Afrikataalwoordeboeke vir kinders - 'n miskende genre

Abstract

Kinderwoordeboeke speel 'n belangrike rol in die vestiging van 'n woordeboekkultuur en gee toegang tot volgehoue en kundige woordeboekgebruik. Dis is daarom vreemd dat daar min aandag gegee word aan hierdie tipe woordeboeke in akademiese navorsing. In hierdie artikel besin ons oor die ontwerp van twee woordeboekreekse en 'n vrystaande woordeboek, wat almal oënskynlik gemik is op beginnergebruikers van woordeboeke. Ons kyk spesifiek na die belyning van die ontwerp-aspekte van die woordeboeke met die gebruikers se leksikografiese behoeftes. Ons dui aan dat die konseptualisering van kinderwoordeboeke vir sprekers van Afrikatale op grondvlak behoort te begin, en dat 'n Afrosentriese benadering verkieslik is bo 'n Eurosentriese benadering. Laasge-noemde benadering lei dikwels tot 'n mispassing tussen konseptuele verhoudings, en linguistiese vorm en funksie in Afrikataalwoordeboeke.

kinderwoordeboeke; afrikataalwoordeboeke; gebruikers-perspektief; teorie van leksikografiese kommunikasie; afrosentriese benadering tot woordeboekkompilasie; gebruiker se verwysingsraamwerk


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba