Open-access Woordklasetikettering in die New Chinese-Vietnamese Dictionary: 'n Datagebaseerde benadering

Abstract

Woordklasetikettering, wat 'n beduidende invloed op die kwaliteit en praktiese waarde van woordeboeke het, bly 'n voortdurende uitdaging in die Chinees-vreemdetaalleksikografie. Gegrond op kwantumdenke en transdissiplinêre metodologie, pas hierdie studie die teorie van tweevlak- leksikale kategorisering toe om die woordklasetikettering in die New Chinese-Vietnamese Dictionary sistematies te ondersoek. Deur gebruik te maak van 'n selfsaamgestelde databasis en korpusgebaseerde gebruiksopname, evalueer die studie die huidige etiketteringspraktyke, ondersoek die onderliggende redes vir die probleme, en stel strategieë vir verbetering voor. Die studie toon dat, hoewel die tipiese woordklaskategorisering van die inskrywings akkuraat geëtiketteer is, daar steeds noemenswaardige gebreke is: (1) die verkeerdelike herkenning van nie-woord-morfeme as leksikale inskrywings; (2) die kunsmatige vermindering van die aantal heterosemiese inskrywings en die versuim om die ware gebruik van Moderne Chinese inskrywings wat in die woordeboek opgeneem is, vas te lê. Hierdie probleme kan gedeeltelik spruit uit sekere bevooroordeelde opvattings oor Moderne Chinese woordklasse, en die verkeerde toepassing van die 'Beginsel van Spaarsamigheid/Eenvoud' onder die beperkings van sciëntisme/Newtoniaanse denke. Om hierdie kwessies te hanteer, stel hierdie artikel voor dat die New Chinese-Vietnamese Dictionary en ander Chinees-vreemdetaalwoordeboeke die 'Beginsel van Spaarsamigheid/Eenvoud' in woordklasetikettering laat vaar, en korpusgebaseerde bewyse volledig insluit om die gekonvensionaliseerde taalgebruik in Moderne Chinees akkuraat weer te gee, om sodoende die woordeboek se betroubaarheid en bruikbaarheid vir beide leerders en vertalers te verbeter.

Chinees-vreemdetaalwoordeboek; New Chinese-vietnamese Dictionary; Woordklasetikettering; Heterosemiese Inskrywings; Korpusgebaseerd; Kwantumdenke


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba