Open-access Fonologiese insluiting, en weglating, rakende Suid-Afrikaanse Engels in die aanlyn OED

Abstract

In hierdie artikel word inklusiwiteit en diversiteit, soos toegepas op die Oxford English Dictionary (OED), vanuit 'n fonologiese perspektief benader. Die uitspraakgids binne die OED-inskrywing vir Suid-Afrikaanse Engels (SAE) word spesifiek ondersoek. Aan die een kant is die insluiting van 'n lys van Wêreldengels deur die OED, in terme van diversiteit, 'n stap vorentoe om sodoende, byvoorbeeld, die linguistiese hegemonie van Britse en Amerikaanse Engels te vermy. Aan die ander kant steun die uitspraakgids vir SAE op 'n enkele variëteit - wat 'n weerspieëling van wit Suid-Afrikaners is. Boonop reflekteer die OED-uitspraakgids vir alle variëteite "opgevoede stedelike sprekers van standaardengels". Hierop gebaseer, is die uitspraakgids eksklu-sief rakende ras en klas, en dus word addisionele variëteite van SAE nie verteenwoordig nie. Alhoewel die OED, as 'n vertroude bron, pogings aangewend het om linguistiese diversiteit aan te spreek, sal meer werk op hierdie gebied verrig moet word.

uitspraak; klem; wit suid-afrikaanse engels; groot driedeling; eksklusiwiteit; taalhoudings


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba