Open-access 'n Oorsig van Engelse afkortingswoordeboeke

Abstract

Hierdie artikel bespreek die stand van gespesialiseerde Engelse afkortingswoordeboeke. Spesiale aandag word aan die makro- en mikrostruktuur van Engelse afkortingswoordeboeke geskenk en huidige beskik-bare aanlyn bronne vir gebruikers word voorgestel. Die mikro- en makrostruktuur van sewentien Engelse afkortingswoordeboeke, met algemene sowel as taalspesifieke woordeboeke daarby ingesluit, asook drie aanlyn algemene afkortingswoordeboeke word met mekaar vergelyk. In hierdie artikel word ook twee eietydse aanlyn pogings, nl Slovarcek krajsav (Kompara Lukancic 2006) en Slovar krajsav (Kompara Lukancic 2011), voorgestel. Daar word daarop gewys dat die tradisionele leksikografie, veral die gerigtheid op die skep van funksionele en gedetailleerde inskrywings, versoen moet word met moderne leksikografiese benaderings wat gefokus is op die uitbreiding van die aantal inskrywings en op konstante ontwikkeling en hersiening van 'n woordeboek soos nuwe afkortings geleidelik bygevoeg word. Die kombinasie van tradisionele en moderne benaderings kan 'n hulpbron skep wat gebruikers die nodigste het - naamlik, 'n eietydse afkortingswoordeboek.

afkortings; leksikografie; woordeboek; engels; sloweens; taal; engelse afkortingswoordeboeke; woordeboeksamestelling; aanlyn woordeboek; mikrostruktuur; makrostruktuur


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo