Open-access Nuwereël- en deurloop-hulpmiddels vir gebruiksleiding in gedrukte eentalige woordeboeke vir Engelse leerders

Abstract

In hierdie artikel word gefokus op gebruiksleidingsinstrumente in gedrukte eentalige woordeboeke vir Engelse leerders. Dit het die beantwoording van ses navorsingsvrae ten doel. Die hoofdoel daarvan is om te ondersoek hoe die plasing van gebruiksleidingsinstrumente in inskrywings - beginnende by 'n nuwe reël versus deurloop - die woordeboekgebruiker se konsultasietyd en akkuraatheid van betekenis-seleksie in inskrywingsnavigasie beïnvloed. Daarbenenewens word daar ook in hierdie artikel gekyk na die effek wat woordsoort (selfstandige naamwoord- versus werkwoordinskrywings) op die konsultasietyd en akkuraatheid van betekenisseleksie het. Vervolgens word die verband tussen die lengte van die inskrywing en die konsultasietyd ondersoek, asook die verband tussen konsulta-sietyd en akkuraatheid van betekenisseleksie.

woordeboek; woordeboekkonsultasie; woordeboektoe-gang; leksikografie; gebruiksleidingsinstrumente; aanwysers; aanwysing; eentalige woordeboeke; aanleerderswoordeboeke; engels; poolse leerders


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top