Open-access Die konstruering van geestesgesondheidsprobleme in Engelse aanleerderswoordeboeke

Die doel van hierdie studie is om te bepaal hoe goed eentalige aanleerderswoordeboeke die sensitiewe veld van geestesongesteldheid hanteer. In die lig van die hoë voorkoms van geestesgesondheidsprobleme onder jongmense, op wie aanleerderswoordeboeke primêr gerig is, verdien hierdie onderwerp aandag. Om 'n oorsig van hierdie situasie te verkry, is twaalf name van algemene geestesgesondheidskwessies in ses Engelse aanleerderswoordeboeke (vyf Brits en een Amerikaans) nageslaan. Die analise het gefokus op die keuse van verwante woorde, die inligtingswaarde van die definisies en voorbeelde, en die potensiële impak wat beide op die sensitiwiteite van woordeboekgebruikers kan hê. Om inhoudelike verskille wat soms voorkom, op te los, is spesialis- mediese bronne geraadpleeg. Die hantering is oorwegend kognitief taalkundig van aard, met die begrip van konstruering - met spesifiek die sleutelkomponent van fokusaanpas-sing - wat as die belangrikste deskriptiewe hulpmiddel dien.

Konstruering; Kognitiewe Linguïstiek; Geestesgesondheid; Eentalige Engelse Aanleerderswoordeboeke; Definisies; Voorbeelde


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top