Open-access 'n Analise van woordvormingsprosesse in neologismes: 'n Gevallestudie van die Oxford Advanced Learner's Dictionary

Abstract

Die snelle ontwikkeling van tegnologie en globalisering het gelei tot baie nuwe idees wat die gereelde vorming van neologismes tot gevolg gehad het. In hierdie studie word 932 inskrywings ondersoek wat vanaf Maart 2020 tot Maart 2024 nuut in die Oxford Advanced Learner's Dictionary ingevoeg is deur 'n ontleding van die woordvorming en eienskappe daarvan te doen. Buiten algemene prosesse soos samestelling, afleiding, afkorting, funksiewisseling, en reduksiesamestelling, sluit die OALD ook nuwe woorde in wat deur minder konvensionele metodes soos eponimie, klanknabootsing, en variasie gevorm is. Engelse naamwoordsamestellings bestaan hoofsaaklik uit twee selfstandige naamwoorde wat los van mekaar geskryf word, terwyl afleidings dikwels deur agtervoeging geskep word, en afkortings is hoofsaaklik letterklankwoorde wat uit hoofletters bestaan. Die meeste woorde wat van funksie verwissel, is werkwoorde, wat afgelei is van selfstandige naamwoorde. By reduksiesamestellings domineer die selfstandige naamwoord dikwels, met die eerste woord wat meermaal verkort is. Die studie toon ook diverse herkomste vir nuwe woorde, met leenwoorde wat 'n beduidende rol speel, en 'n geneigdheid tot eenvoud kom mettertyd na vore. Die ondersoek na die woordvorming van Engelse neologismes is noodsaaklik vir die leksikografie aangesien dit help verseker dat woorde-boeke taalontwikkeling akkuraat weerspieël. Wanneer leksikograwe verstaan hoe neologismes gevorm word, kan hulle woorde wat toenemend gebruik word, effektief dokumenteer en kategoriseer, terwyl hulle terselfdertyd woordeskatverwerwing help deur patrone uit te lig wat leer en gebruik verbeter.

neologisme; oxford advanced learner's dictionary; kwan-titatiewe metode; kwalitatiewe metode; woordvorming; eienskap; insluiting


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba