Open-access Woordeboeke geïntegreer in Engelse aanleerderstoepassings: Kritiese kommentaar en voorstelle ter verbetering

Abstract

Digitale toepassings wat as hulpmiddels in die aanleer van taal gebruik word, word toenemend gewild. Kenmerkend van hierdie digitale toepassings is die inkorporering van een of twee woordeboeke om die diens wat gelewer word, te verbeter sodat gebruikers nie die toepassing hoef te verlaat om eksterne bronne te raadpleeg nie. In hierdie artikel word aandag geskenk aan die twee woordeboeke wat in 'n aanleerders-toepassing vir Chinese leerders van Engels gebruik word. Eers word 'n beskrywing gegee van die funksionering van sowel die toepassing as van die twee woordeboeke wat verskillende funksies in die toepassing vervul. Daarna word gefokus op die woordeboek wat in die kursushandleidings geïntegreer is en wat geaktiveer kan word deur op 'n woord of meerwoordige eenheid te klik. 'n Aantal leemtes soos die inkonsekwente hantering van woorde en begrippe, data-oorlading, moei-like toegang, en hinderlike posisie van die opwipvenster wat die leksikografiese items vertoon, word bespreek. Hierdie gebreke mag 'n negatiewe effek op die motivering van die aanleerders en die aanleerproses in die algemeen hê. Die probleme word teruggevoer na sowel die databasis wat die woordeboek steun as na die ontwerp van die gebruikerskoppelvlakke wat die data wat aan die gebruikers aangebied word, sif. Laastens, en geïnspireer deur die klassieke Chinese Xun Gu-tradi-sie, word 'n alternatiewe, konsep-aangepaste benadering wat afwyk van die tradisionele kenmerke van die woordeboekartikel en wat die inhoud van die opwipvenster tot 'n absolute minimum beperk, voorgestel. Sodoende word 'n konsultasieproses wat die aanleerders se leesvloei onderbreek, vermy en word daar gefokus op die aanleerproses.

Era Van Mediakonvergensie; Engelse Aanleerderstoepas- Sings; Geïntegreerde Woordeboeke; Ingebedde Woordeboeke; Leksikogra- Fiese Databasisse; Gebruikerskoppelvlakke; Opwipvensters; Konteksbewust-heid; Xun Gu-tradisie; Verpersoonliking; Toevallige En Doelbewuste Leer


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo