Abstract
In hierdie artikel word geslagsvooroordeel in die rekenaargegenereerde tesourus Kontext.io, 'n soekportaal van sinonieme en semanties verwante terme in Serwies, Kroaties en Sloweens, bestudeer. Die Serwiese afdeling, waarop daar hier gefokus word, is gebaseer op 'n natuurliketaalprosesseringstegniek (NTP-tegniek) genaamd woordinbedding en 'n groot internetkorpus van Serwies. Geslagsvooroordeel word in vier uitgesoekte inskrywings in hierdie tesourus blootgelê: žena (vrou), muškarac (man), d(j)evojka (jong vrou) en momak (jong man). Die ontleding word eers semanties uitgevoer en die terme wat gevind word, word in verskillende semantiese velde ingedeel. Daarna, in dieselfde trant as vroeëre studies van geslagsvooroordeel in tradisionele woordeboeke en kritiese diskoersanalise, word 'n ontleding van geslagsvooroordeel in die uitgesoekte inskrywings verskaf. Die resultate toon dat geslagsvooroordeel alomteenwoordig is en dat dit verder strek as wat vroeëre studies van geslagsvooroordeel in woordinbedding aangetoon het. Aanbevelings wat op die resultate gebaseer is, word dan gemaak om hierdie leksikografiese produk te verbeter.
geslagsvooroordeel; rekenaargegenereerde tesourus; woordinbedding; kontekst.io; serwies; leksikografie




