Open-access Die aanpassing en bevestiging van die Strategie-inventaris vir Elektroniese Woordeboekgebruik (S.I.E.W.G.) vir Chinese leerders

Abstract

In hierdie studie is beoog om die S.I.E.W.G.-vraelys vir die assessering van elektroniese woordeboekgebruik (EW-gebruik) in die Chinese konteks aan te pas en te bevestig. Ses kundiges het die vraelys in Chinees vertaal en dit toe terugvertaal in Engels om die akkuraatheid daarvan te waarborg. Die Chinese weer-gawe is aan 518 deelnemers uitgedeel. 'n Faktoranalise het sewe faktore blootgelê wat van die oor-spronklike vier-faktorstruktuur afwyk. Bykomend tot faktore wat verband hou met EW-konvensies,-funksies, en strategiese vaardighede, het die studie addisionele faktore, insluitende leerdersvoor-bereiding en foutopsporing, aanvaarding en gebruikskonteks, bergingsformaat en voordele van EW, en EW-intekening, geidentifiseer. Hierdie bevindings verskaf 'n omvattende begrip van EW-gebruikstra-tegieê vanuit die perspektief van Chinese leerders wat beide leerders en opvoeders baat. Dié studie bevestig nie net die S.I.E.W.G. in die Chinese konteks nie, maar beklemtoon ook die belangrikheid van die uitbreiding van leerderstrategieê vir die effektiewe benutting van elektroniese woorde-boeke.

elektroniese woordeboek; vraelyste vir elektroniese woor-DEBOEKGEBRUIK; STRATEGIEÈ VIR ELEKTRONIESE WOORDEBOEKGEBRUIK; TAALLEER-DERS; CHINESE KONTEKS; KULTURELE AANPASSING


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba