Abstract
In hierdie bydrae word verslag gelewer oor 'n onlangse opname van woordeboekraadplegingsgewoontes en -voorkeure van universiteitstudente met Engels as hoofvak aan 'n Eurpese universiteit. Inligting wat o.a. ondersoek is, is die keuse tussen digitale aanlyn woordeboeke en tradisioneel gedrukte woorde-boeke, asook 'n aantal ander kwessies van belang vir leksikograwe en opvoeders. Daar is bevind dat aanlyn woordeboeke byna die tradisionele papierwoordeboek vervang het, wat daarop dui dat die digitale revolusie in die leksikografie, soos voorspel deur Lew en De Schryver (2014), voltooi is. 'n Positiewe bevinding wat gemaak is, dui daarop dat studente woordeboeke verkies wat hoog aange-skrewe word deur kundiges. Hierdie artikel word afgesluit met 'n aantal pedagogiese voorstelle.
engels; leksikale inligting; leksikografie; woordeboek-gebruik; digitale geletterdheid; aanlyn woordeboek
















