Open-access Webgebaseerde verkenning van die resultate van 'n omvattende Europese opname van woordeboekgebruik en -kultuur: ESDexplorer

Abstract

Ons stel ESDexplorer (https://owid.shinyapps.io/ESDexplorer), 'n webblaaiertoepassing wat die gebruiker toelaat om die data van 'n omvattende Europese opname van woordeboekgebruik en -kultuur te verken, bekend. Met die bou van ESDexplorer het ons verskeie teikengroepe in gedagte gehad: ons samewerkingsvennote, ander navorsers, en 'n meer algemene publiek wat in die resultate sou belangstel. Ons bespreek ook die argitektuur en tegnologiese totstandkoming van die toepassing in besonderhede en brei uit oor enkele regsaspekte rakende databeskerming wat sommige argitek-tuurkeuses gemotiveer het.

opname; dataversameling; dataverwerking; data-aan-bieding; data-analise; tegnologie en argitektuur; teikengroep; grafiek; webblaaiertoepassing; esdexplorer


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo