Open-access Leksikografiese postverwerking en verfyningskwessies in woordnette: Die Oekraïense woordnet-ervaring

Abstract

Hierdie bydrae beskou uitdagings wat binne die ontwikkeling van die Oekraïense woordnet (Ukrajinet) ontstaan, en fokus spesifiek op die integrasie en belyning van woordeskat wat afkomstig is van diverse bronne, soos konvensionele woordeboeke, die Open English Wordnet en ander woordnette. Verskeie gevalle van sinonimie en hipero-hiponimie wat in die Open English Wordnet en in konvensionele terminologiese en fonetiese woordeboeke aangebied word, is geanaliseer. Die definisies van terme in hierdie bronne is ook met mekaar vergelyk. Daar is bevind dat tradisionele woordeboeke nie al die nodige hipero- en hiponimiese verwantskappe bevat nie, en definisies in woordnette is dikwels onakkuraat of onvolledig. Daar word aangetoon dat die skep van woordnette gebaseer op die "samesmeltings-" en gekombineerde benaderings, soos geïllustreer deur Ukrajinet, spesifieke leksikografiese postverwerking noodsaak. Hierdie prosedure behels verskeie belangrike stappe, insluitend die inkorporering van bykomende leksikale eenhede vir ontbrekende konsepte, die verfyning van definisies en die bywerking van nuwe konsepte en semantiese strukture, veral dié wat met hipero- en hiponimie geassosieer word sodat dit met hersiene definisies strook.

woordnette; ukrajinet; konsep; definisie; leksikaal-semantiese verhoudings; sinonimie; hipero-hiponimie; leksikografiese data


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba