Open-access 'n Ondersoek na die bydrae wat korpusse oor die afgelope tien jaar tot leksikografiese uitdagings gemaak het

Abstract

Hierdie studie ondersoek die rol van die korpuslinguistiek in die benadering tot leksikografiese uitdagings oor die afgelope tien jaar. Dit ondersoek 25 studies wat vanaf 2012 tot 2021 gepubliseer is. Uitdagende take is 6f relevant tot die makrostruktuur 6f tot die mikrostruktuur van woordeboeke. In die afgelope dekade het leksikograwe uitgebreid gebruik gemaak van korpusgereedskap om woordeboeke te skep en bestaandes te verbeter. Dit het die samestelling van algemene en gespesialiseerde lemmalyste, die identifise-ring van idioomvariasies, die bepaling van kollokasionele patrone, die identifisering en ordening van woordbetekenisse en die onderskeiding van polisemiese woorde en ampersinomieme ingesluit. Frekwensie, sleutelwoordonttrekking en woordbeskrywings is van die mees effektiewe hulpmiddels vir leksikograwe. Volgens die studies wat ondersoek is, kan byna alle woordeboeke baat by korpusgereedskap op makro- sowel as mikrostruktuurvlakke.

toegangstruktuur; korpusgereedskap; kollokasionele analise; leksikografiese uitdagings; mikrostruktuur; makrostruktuur; betekenisomskrywing; gespesialiseerde woordeboeke; term-onttrekking


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top